Die dodetal vir die koronavirus staan nou op meer as 800. Meer as 37 000 inwoners van China is reeds met dié virus gediagnoseer, berig The New York Times. Dit is meer as die aantal sterftes weens die SARS-epidemie wat ook in China ontstaan het en in 2002 en 2003 vir meer as 774 sterftes wêreldwyd gesorg het.
In net 24 uur is 89 mense dood en 2 656 nuwe gevalle van die koronavirus aangemeld. Die meeste daarvan in die Hubei-provinsie in China, waar die virus aanvanklik uitgebreek het. Die siekte het ook reeds na meer as 28 lande versprei. Volgens CNN is die meeste gevalle wat teen Saterdag buite China aangemeld is, in Singapoer (33), Thailand (32), Hongkong (26, met een sterfte), Japan (25) en Suid-Korea (24).
Frankryk het Saterdag vyf nuwe gevalle aangemeld, insluitend ʼn 9-jarige seun. Dit beteken elf mense in dié land is met die siekte gediagnoseer, berig die BBC.
Tog meen die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) die aantal nuwe gevalle is besig om te stabiliseer. “Dit is nog baie vroeg om enige voorspellings te waag en ons moet onthou dat die epidemie nog baie intensief is in Hubei. Tog lyk dit of die maatreëls wat ons in dié provinsie ingestel het, besig is om vrugte af te werp,” sê die WGO.
Intussen het etlike Suid-Afrikaners in China by Maroela Media gekla dat hulle steeds geen hulp vanaf die Suid-Afrikaners ontvang nie, terwyl Brittanje, die VSA en Japan reeds hul burgers uit China ontruim het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Daar is nie politieke wil nie. Ramaphosa is n slapgat vir al ons burgers..binne of buitelands.
My liewe genade tog. Watse hulp wil hul dan hê? Hier is nie eers hulp vir ons wat om verskeie redes nie kan land uit nie. En ons betaal belastings dat dit bars!!!!Leef elke dag in vrees en moet daagliks sien hoe vieslik vuil dit by die dag raak. Een van die dae breek hier ook n dodelike virus uit met al die riool wat in ons riviere en see instroom.
Die ANC regering het veen ruggraat nie!! Al wat hulle goed kan doen is instop..in eie sakke!! Stuur die lot van hulle Sjina toe!!
Dis dalk die beste ding om te doen om ons mense in Sjina te los vir eers. Dink wat gaan hier gebeur as daai virus eers geland het. Ons was nie regtig in staat om die polonie-virus te bestuur nie. Ek wil nie eers praat van die VIGS virus nie. Die regering het net alle beriggewing daaroor verbied en nou is daar nie meer ‘n VIGS epidemie nie. Die Koronavirus sal waarskynlik dieselfde paadjie loop as dit hier uitslaan. Kom ons offer ‘n paar mense vir die oorlewing van die res van ons.