Koronavirus: Gevalle verdubbel byna by die dag

Pendelaars ry Dinsdag ‘n roltrap in Tokio. (Foto: Jae C. Hong)

Die dodetal weens die nuwe tipe koronavirus wat onlangs uitgebreek het, staan nou op 106 met die aantal gevalle in China wat binne ʼn dag byna verdubbel het.

Daar was Maandag altesaam 4 515 gevalle in dié land aangemeld vergeleke met 2 835 die vorige dag. Sowat 976 van dié pasiënte verkeer in ’n ernstige toestand.

Die eerste geval van dié dodelike virus is nou ook in Duitsland aangemeld.

Die ministerie van gesondheid in die suidelike deelstaat Beiere het Maandag gesê ʼn man van Starnberg, suid van München, is tans in ʼn stabiele toestand, maar word streng gemonitor en in isolasie gehou. Persone wat in noue kontak met die man was, word ook tans ingelig oor moontlike simptome van dié virus. Dit sluit erge koors en asemhalingsprobleme in.

Volgens die ministerie hou die man egter ʼn lae risiko vir die algemene bevolking in Beiere in.

Leerders staan in ‘n ry om hul hande te ontsmet by ‘n hoërskool in Phnom Penh, Kambodja. (Foto: Heng Sinith, AP)

Meer as 40 gevalle is ook in ander lande aangemeld. Die meeste van dié besmettings hou verband met Chinese toeriste of mense wat Wuhan onlangs besoek het.

Teen Maandag was die lande met die meeste gevalle, buiten China, Thailand (8), Amerika (5), insluitend Kalifornië, Chicago en Washington, Suid-Korea (4) en Japan (4). Ander lande waar die virus opgemerk is, is Frankryk (3), Viëtnam (2), Kanada (1) en Nepal (1).

Asiatiese aandeelmarkte het ook gister vir ’n tweede dag getuimel weens kommer oor die wêreldwye ekonomiese impak van die virus.

Die Amerikaanse konsulaat in Wuhan, waar die eerste geval aangemeld is, is tans besig om sy diplomate en ander Amerikaners uit die stad te vlieg. Japan, Frankryk, Mongolië en ander regerings beplan ook ontruimings.

Altesaam 17 Chinese stede het intussen openbare vervoer opgeskort met die Chinese Nuwejaar-vakansie wat met drie dae tot Sondag verleng is om die risiko van infeksie te verminder deur kantore en fabrieke landwyd gesluit te hou en die publiek tuis te hou.

Die regering van Sjanghai, ’n wêreldwye sakesentrum van 25 miljoen mense, het die vakansie in dié stad met ’n bykomende week tot 9 Februarie verleng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

ID ·

In eerste wereld lande al op getel en nog niks in Afrika nie moeilik om te glo met al die ..nese hier

Kan ernstig raak ·

Dit is veral kommerwekkend dat die virus so vinnig al hoe meer mense besmet binne ‘n baie kort tydperk. Dit klink nie goed nie, veral as die virus begin muteer. As daar nog meer mense is wat besmet is waarvan die owerhede miskien nie bewus van is nie kan die situasie reeds ernstig wees of raak. Maar dit is ook nie goed nie om onnodig spoke op te jaag nie.

@ID ·

Dit is vandag, volgens berigte, in Afrika geidentifiseer. Dit lyk of die virus vinnig versprei en dat die wêreld owerhede nie gereed is nie of selfs verward is. Ek dink nie hulle het verwag dat die virus so snel sal versprei nie.

gatiep ·

Die veiligste land binnekort gaan Noord Koria wees lyk dit my.
Ons goverment sal niks kan doen as dit by ons uitbreek nie.

Nou in Afrika ·

Die eerste geval in Afrika is ‘n 34 jarige wat van ‘n vliegtuig af geklim het vanaf Beijing by die Félix-Houphouët-Boigny Lughawe in Abidjan in die Ivoorkus en die owerhede daar het haar geisoleer.

Judge Dredd ·

en die ander op die vliegtuig ?
Hulle se dit kan tussen 2 en 14 dae vat na blootstelling voordat simptome wys, wat dit so moeilik maak om te beheer.

Pottie ·

Die goed eet mos als wat hulle in die hande kry hulle is n morsige nasie. Klink baie bekend hier by ons gaan dit mos ook so

leonard ·

Ek boer hier & weet niks.
Gelukkig WEET ek, waarheen ek gaan,
Amen

Kommerwekkend ·

Konneksie vlugte tussen China en ander lande maak die situasie nog meer kompleks. In talle Afrika lande sal hulle nie eers bewus wees van passasiers wat vanaf China gereis het en konneksie vlugte in ander lande gekry het nie. Wanneeer hulle in Afrika land en afklim kan hulle besmet wees met die virus en dan vrylik in die stede in beweeg omdat hulle nie weet dat hulle reis in China begin het nie. Die stelsels in Afrika is nie so gevordered soos in ander lande nie. Die situasie raak kommerwekkend.

Pottie dis waar dat hulle enige iets wat ‘n pols het wat klop opeet en dit is hoe hierdie virus verspei. Hulle sê dit was ‘n slang.

Johan ·

Nou sal dalk n goeie tyd wees om ernstig iets te doen om die verspreiding te stop. Interantionale travel moet gestop word, alle publieke vervoer en byeenkomste kanselleer in verwante areas.

charmaine ·

In SA sal dit nie gehanteer kan word nie, watter hospitaal is bevoeg en met watter personeel? Behlawe privaat.
Die Tyger Vallei hospitaal is nou wel voorberei maar nie almal wat siek word kan dan afgaan Kaap toe nie, wat van die hole hier bo in Pretoria?? Mense gaan hier dood sonder enige virus in elk geval.

Melanie ·

As ons net ons bybel lees en weet wat daarin staan, sal niemand so geskok wees nie..

FM ·

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het reeds erken dat hulle ‘n fout begaan het om te sê dat die risiko matig is. Hulle het nou hulle waarneming aangepas en die publiek ingelig dat die virus eintlik baie ernstig is en ‘n hoë risiko vir die wêreld se mense inhou.

Burgers van ander lande wat tans in China is wil dringend wegkom uit China en dit is hoe die virus moontlik nog verder gaan versprei. Daar is heelwat Suid-Afrikaners woonagtig in China en moontlik het van hulle reeds geland op SA bodem op vlugte wat vanuit China afkomstig is sonder dat hulle weet dat hulle die virus onderlede het dat hulle onwetend besig is om die virus oor te dra aan hulle familie en vriende.

TDW ·

Interessant hoe die enigste biohazard laboratorium in China, Wuhan is. Maar kom ons vertel vir mense dit is nou versprei deur een of ander dier in Wuhan. Glad nie die laboratorium se skuld nie. Nee.
Die oorspronklike coronavirus was versprei tussen vark en vlermuis, dis net te toevallig dat Wuhan nou die spesifieke plek is waar dit muteer het.
Net vir interessantheid, gaan kyk op youtube die simulasie nog voor die uitbreek. Event201 deur centerofhealthsecurity. Dis nogal toevallig.
Laas jaar het amerika ‘n patent gekry op die coronavirus, nét so toevallig.
Hoekom word daar nog niks gepraat van inentings teen dit nie? Ek is seker Amerika werk daaraan.
Mag die mense vinnig verligting kry.

DA BO ·

Vanmore n video gekyk van n mark in daai stad waar dit uitgebreek het. Vleismark, maar nie bees of vark of so iets nie. Nee, dis honde en katte en rotte en slange. Die bloed le so 2 dm dik op die vloere en almal ploeg daardeur. Dooie diere op hokke waar lewendiges nog in is. Dis werklik skokkend.

Fanie du Preez ·

Lekker lag ek nou . . . Suid-Afrika kan nie eers n persoon keer wat onwettig oor die lands-grens stap nie,maar nou kan ons kastig elke persoon ondersoek wat die land binne kom om te sien met watter virusse hy in sy bloedstroom oorkom SA toe…heheheee.

Mathys ·

Goeie tyd om skuld te delg is al wat ek sou se indien ek nou gewurg word om ‘n stuiwer in die armbeurs te gooi

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.