Koronavirus: Miljoene in China terug by werk

Mense loop Vrydag in ‘n ondergrondse treinstasie in Hongkong. (Foto: Kin Cheung, AP)

Miljoene mense in China het Maandagoggend teruggekeer werk toe nadat die Chinese Nuwejaar-vakansietydperk einde verlede maand verleng is weens die gevreesde koronavirus.

Die dodetal staan tans op 910 met meer as 40 000 bevestigde gevalle.

Altesaam 97 nuwe sterftes is Sondag aangeteken terwyl 3 281 pasiënte intussen van die virus herstel en gister uit die hospitaal ontslaan is.

Voorsorgmaatreëls is getref te midde van talle Chinese burgers wat vandeesweek terugkeer werk toe. Dié maatreëls sluit verkorte werksure in. Slegs ’n beperkte aantal sakeondernemings sal vandag hul deure open terwyl ander werkers van die huis af sal werk.

‘n Pasiënt word Sondag getoets vir die koronavirus. (Foto: Gao Xiang/Xinhua via AP)

Intussen het nog 60 mense aan boord van die Diamond Princess positief vir die koronavirus getoets.

Die skip is reeds geruime tyd in ’n hawe in Jokohama in Japan vasgemeer terwyl sowat 3 700 passasiers een vir een getoets moes word. Diegene wat tot dusver met die virus gediagnoseer is, word tans in plaaslike hospitale behandel.

Bronne: BBC, CNN, ANA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Magda ·

Dit is verskriklik – Baie stertke aan almal wa tgeraak is deur die dodelike virus.

Leon ·

Hoe langer hulle op die boot bly, hoe meer kry die virus. Op die ou einde sal almal siek word.

Train ·

Help my gou. Hoe kon hulle herstel? Daar is dan nie ‘n inenting of iets wat dan al gesond maak nie? Het hulle dan net gewone verkoue gehad?

Jan ·

Dis eenvoudog rentia die virus is n klug en angmaakstorie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.