Koronavirus nou in alle Chinese streke

Mans dra Donderdag maskers in Hongkong. (Foto: Kin Cheung, AP)

Die dodetal weens die gevreesde nuwe koronavirus staan nou op 170, met 7 711 gevalle reeds aangemeld. Die eerste voorval in Tibet is ook aangemeld. Dit beteken dat alle Chinese streke en gebiede nou deur dié siekte geraak word.

Die virus is ook reeds in 16 ander lande, waaronder Japan (11), Taiwan (8), Duitsland (4), Amerika (5), Kanada (3) en Viëtnam (2), aangemeld.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sal Donderdag byeenkom om te besluit of die virus as ’n wêreldwye gesondheidskrisis geag moet word.

“Die verspreiding van die virus van mens tot mens, veral in sommige lande, bekommer ons die laaste paar dae. Alhoewel die getalle buite China nog relatief klein is, hou dit die potensiaal in vir ’n veel groter uitbreking,” het Tedros Adhanom Ghebreyesus, die WHO se direkteur-generaal, Woensdag gesê.

Ghebreyesus het spesifiek na Duitsland, Viëtnam en Japan verwys.

‘n Werknemer wys Woensdag ‘n temperatuurlesing by ‘n hotel in Wuhan, Hubei. (Photo by Hector Retamal, AFP)

Daar word vermoed dat die virus by ’n seekosmark in Wuhan, die hoofstad van die Hubei-provinsie, in China uitgebreek het. Die meeste gevalle en sterftes (162) is in dié provinsie aangemeld.

Simptome sluit in koors en asemhalingsprobleme. Bejaardes en mense met bestaande gesondheidsprobleme blyk meer vatbaar vir die virus te wees.

Talle vlugte na China is reeds opgeskort met verskeie lande, onder andere Brittanje, wat tans spook om hul burgers uit dié land te kry.

Bronne: BBC, SkyNews, ANA, Pharmaceutical Technology.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

VanAfrika ·

Toe varkgriep en voëlgriep versprei het was daar vining dinge gedoen om te verhoed dat besmette varke en voëls na ander land gestuur word. Met hierdie dodelike virus wat al klaar in 17 lande is moet enige iemand op aandag laat staan. Ons moet nou voorsorg tref want ons kinders word die meeste ontbloot en is die vinnigste om te sterf. Dit vat 14 dae voor jy weet jy het dit, maar intussen kan jy duisende mense om jou aansteek voor jy weet jy het dit. Ek lees op n ander plek dat jy n halwe lepel koeksoda moet drink om jou liggaam alkalies te maak want viruses en bakterieë kan nie in alkalieë oorleef nie. Weet nie of dit waar is nie, ek gaan my familie begin koeksoda gee net ingeval. Ek lees in dieselfde artikel al die gesig maskers is al uitverkoop en daar is nou n groot tekort en die artikel sê daar is klaar mense in Afrika besmet met n student wat in China studeer en die virus terug gebring het Afrika toe. Blykbaar hou die owerhede dit stil, seker om nie paniek te saai nie.

Lolla ·

Soos hulle op die nuus gesê het, kan hulle monitor by lughawens en hawens, maar is grense is oop en nie genoeg mense om dit te monitor nie. Dis nou wat gebeur as jou grense oop is en geen beheer het nie.

katerinadiekat ·

Ek het al gehoor dat as jy kanker het, moet jy jou liggaam alkalies maak en vir n lang tyd so hou. Jy moet niks inneem wat nie alkalies is nie. Of dit werk, daarvoor of vir virusse en bakteriee, weet ek nie. But it cannot hurt to try.

ameli ·

Die koeksoda werk, meng 4 telepels koeksoda in 2liter water en drink elke dag daarvan. Dit maak al die slegte virusse dood. Werk. Drs lag, maar die gif wat hul soms gee is dodelik.

BFJ ·

Al hoe meer lande begin rapporteeer dat die virus nou daar is – vandag het ek gelees dis nou ook in Indië, Finland en Tibet. Al hoe meer lande word geraak. En die berigte in die media oor hierdie virus begin nou al hoe meer en gereeld raak . Dit wil voorkom asof hierdie virus vinniger en oor groter gebiede begin te versprei as wat verwag is. Die dodetal is ook besig om te styg. Miskien moet ons bekommerd begin raak.

Niné ·

Lyk vir my asof Stephen King se fiksie waarheid word. Ek sidder want die virusse word al sterker en verprei al vinniger! Hoe beskerm n mens jouself?

charmaine ·

Tekens van die tye? Erg brande, stofstorms, haelstorms, siektes. Die Here praat maar die mense luister nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.