Koronavirus: Tsjeggië in geheel afgesluit

Praag (Argieffoto) (Foto: lawyergaoge/Pixabay)

Die Tsjeggiese Republiek verbied toegang tot die land van enige uitlanders en sy eie burgers en permanente inwoners word ook verbied om oorsee te reis in ʼn poging om die verspreiding van die nuwe koronavirus te beperk.

Eerste minister Andrej Babis het Vrydag gesê die beperkings tree van Maandag in werking.

Spesiale maatreëls en uitsonderings word gemaak vir pendelaars wat binne 50 km van die grens met Duitsland en Oostenryk werk, vragmotorbestuurders en diplomate.

Uitlanders met permanente burgerskap in Tsjeggië sal steeds die land kan binnekom, maar nie die land kan verlaat tot verdere kennisgewing nie.

Persone wat van Duitsland, Switserland, Oostenryk en 12 ander sogenaamde “risikogebiede” moet dadelik vir twee weke in isolasie geplaas word.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sean ·

DIS HOE JY N LAND SE BURGERS BESKERM MNR DIE MINISTER VAN GESONDHEID

Frank ·

Ek kan GLAD NIE verstaan hoekom ons nie ook al beherende maatreëls ingestel het nie!!! Ons liewe landjie het glad nie die kapasiteit meer om so iets te beheer nie. Dit sal katastrofies wees! Kyk na die grafiek van positief getoetsde mense in RSA en ekstrapoleer hom en kyk waar jy eindig…. Moet nog hierdie naweek optree!! As daai ding in ‘n plek soos Mamelodi of Soweto posvat gaan dit regtig lelik word en sal die minister aandadig gehou moet word. Nie dat dit veel sal help nie…

Louis ·

Gebrek aan proaktiewe denke en optrede, dit is die probleem. Ons sien dit by instandhouding, geld, grensbeheer, munisipaliteite , dienslewering, ens, ens ens SA ly nou ook daaronder soos dit vir jare lank in ander Afrika lande gaan, Gebruik n ding op en lewe dan skaamteloos in fodde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.