Koronavirus: Versoeke herleef om handeldryf met wilde diere op te skort

Voorraad waarop die teenstropingseenheid beslag gelê het in Anhui, China (9 Januarie 2020) (Foto: Anti-Poaching Special Squad via AP)

Die uitbreking van ʼn nuwe virus wat met ʼn wildlewemark in sentraal China verbind word, het versoeke laat herleef vir wetgewing teen die handeldryf en verbruik van eksotiese spesies.

Dit laat ook vrae ontstaan oor hoe dit weer kan gebeur ná die lesse wat geleer is van die 2002/2003-uitbreking van Ears (ernstige akute respiratoriese sindroom, in Engels bekend as Sars). Dié uitbreking is ook verbind tot die verbruik van wilde diere in Guangzhou.

Aanvraag na wilde diere in Asië, veral China, bespoedig die uitsterwing van talle spesies en bied ʼn gesondheidsbedreiging wat owerhede nie ten volle aanspreek nie, ondanks toenemende risiko’s van ʼn wêreldwye pandemie.

China se ministerie van landbou het vroeër vandeesweek, in reaksie op die krisis, opdrag gegee dat strenger handelsmaatreëls toegepas moet word wanneer daar met wild handel gedryf word.

ʼn Groep van 19 bekende navorsers van die Chinese Akademie van Wetenskappe, die Wuhan- Instituut van Virologie en die land se top-universiteite versoek die Chinese regering om strenger op te tree teen markte soos die een wat te midde van die Wuhan-uitbreking staan.

Onwettige handel floreer in die “skuiwergate” van wettige handel in China en verhoog die moontlikheid van ʼn uitbreking, het die groep in ʼn ope brief gesê.

Die New York-gebaseerde Wildlife Conservation Society (WCS) het intussen versoek dat wildlewemarkte oral opgeskort moet word, nie net in China nie.

Winkel wat vermoedelik handel dryf met eksotiese items (9 Januarie 2020) (Foto: Anti-Poaching Special Squad via AP)

Soönotiese siektes, of dié waarmee mense besmet word wat sy oorsprong in ʼn ander spesie het, is verantwoordelik vir ʼn groot deel van aansteeklike siektes in mense. Nie alles kom van wild nie: hondsdolheid is endemies oor talle spesies heen en een van die grootste oorsake van sterftes in die ontwikkelende wêreld. Om wilde diere te meng verhoog egter die risiko van siektes om te muteer en al hoe meer kwaadaardig te word wanneer dit in ongereguleerde markte versprei, aldus kenners.

Die opkoms van dié siektes is ʼn “getalle-speletjie”, sê Christian Walzer, uitvoerende direkteur van die WCS se gesondheidsprogram. “So lank as wat die markte voortduur en menslike verbruik van onwettige en ongereguleerde wildlewe voortduur, sal die risiko verhoog vir nuwe virusse om te ontstaan, telkens moontlik meer dodelik. Dit is die perfekte laboratoriums om geleenthede vir dié virusse te skep.”

Die bevel wat op 21 Januarie deur die ministerie van landbou en landelike sake uitgereik is, plaas ʼn verbod op die verskeping van enige wilde diere uit Wuhan. Daar is ook ʼn versoek vir verhoogde inspeksies en bewusmakingsveldtogte oor die risiko’s om dit te eet.

Navorsers het nog nie ʼn besliste bron vir die jongste uitbreking aangekondig nie. Een van die eerste maatreëls wat die Wuhan-owerhede toegepas het, was om die Huanan-seekosmark te sluit, waar 41 van die eerste gevalle aangemeld is.

“Dit is tans die groot swart boks,” het Jon Epstein, ʼn epidemioloog by Ecohealth Alliance, gesê. Hy was in China ná die Ears-uitbreking en het oor byna twee dekades lank die internasionale poging bygestaan om die bron van dié virus op te spoor. Meer as 8 000 persone is deur Ears besmet en byna 800 is oorlede. Ears is verbind met verskeie diere, insluitend vlermuise en die sivetkat.

Voorraad waarop die teenstropingseenheid beslag gelê het in Anji, China (17 Januarie 2020) (Foto: Anti-Poaching Special Squad via AP)

Vlermuise is bekend daarvoor dat hulle die koronavirus dra, maar wetenskaplikes verstaan nog nie ten volle die nuwe virus of hoe dit van diere na mense versprei nie.

Epstein het gesê navorsers vermoed, maar het nog nie bewys nie, dat die Wuhan-virus ook van vlermuise kom. Voor dit mense besmet het, is dit waarskynlik na ʼn tot dusver onbekende soogdier oorgedra.

“Daar is geen geloofwaardige getuienis dat slange by dié virus betrek word nie,” het Epstein bygevoeg, met verwysing na spekulasie in die media.

Streng maatreëls oor handeldryf en verkope van wilde diere het slegs tot ses maande ná die Ears-uitbreking in die middel van 2003 afgeneem het, geduur, het Walzer gesê. “Die oplossing is eenvoudig: in die sin dat ons weet waar die probleem lê.”

In stede soos Beijing, Sjanghai en Hongkong is daar nie eintlik tekens dat die markte voorsiening maak vir persone wat op soek is na “ye wei” of “wilde geure” nie, maar in provinsiale stede en sekere dele van Laos, Viëtnam, Kambodja en ander suidoos-Asië lande is daar verskeie diere te koop: ietermagôs, dassies, salamanders, krimpvarkies en selfs wolfwelpies. ʼn Foto van ʼn spyskaart van ʼn verkoper in die Wuhan-mark het meer as 110 spesies te koop.

Lees alle vorige berigte oor die koronavirus op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johan Venter ·

Dit laat mens besef, die dag as natuurrampe of die uitbreek van ‘n dodelike virus of ‘n siekte die aarde tref wat erge gevaar vir die voortbestaan van die mens inhou en ‘n Tsoenami na kinderspeletjies laat lyk, die invloed van die aktivis wat hom beywer vir die wegdoen van die mense se aktiwiteite as synde dit die planeet op sy eie kan vernietig, ‘n druppel aan die emmer is.

Natuurlik moet die mens omsigtig optree met hoe hy grondstowwe benut, dit was daar vir die mens om te ontdek en vir voortbestaan aan te wend, soos ook nuwe metodes uitgevind en tegnologie ontdek word om verouderde en uitgediende gebruike te vervang.

Fossielbrandstowwe het sy doel gedien, bygedra tot waar ons vandag is, maar ons is nou maar aan die begin die ontwikkeling van nuwe tegnologie en in ‘n oorgangfase waarmee aktiviste maar ongeduldig mee is. Die gebruik van hierdie brandstowwe sal nog vir der jare met ons wees.

‘n Mens skop bv nie ‘n Elon Musk, ‘n Richard Branson en dies meer agter elke bos uit nie, ook is nuwe tegnologie om daardie waarvan die oormatige gebruik die aarde ‘siek’ maak, nie sommer die volgende dag beskikbaar nie. Wetenskaplikes en organisasies monitor darem ook mos deurlopend die situasie.

En waar is die aktiviste soos Greta Thunberg soos in hiérdie geval of as dit by die stelselmatige uitwissing van die Amasone reënwoud kom en waarvan die uitwissing astronomiese gevolge vir die planeet sal hê?

Kobie ·

Wat sal hulle nog eet. Hulle sal enige iets eet wat beweeg. Dis baie hartseer oor Korona virus maar sal dalk ook weer die arme diere beskerm

Johan Venter ·

En dan dink ek nou aan Bonne De Bod en haar film STROOP waarmee sy die wêreld vol gereis het. Bonne, jy staan verseker nie alleen in jou stryd nie, die wêreld praat nou na dese met Asië, veral China.

sandra ·

In Lev 11 gee Abba Vader YaH al Sy rein en onrein wette. ek sien meer en meer hoekom Hy ons die wette gee. Sy liefde is onbeskryflik groot.

John ·

En nou sè Sjina se gesondheidsowerheid die virus versprei al vinniger… Mens dog hulle is slim in wiskunde. Hul leuens van ‘n maand gelede, om voorsiening te maak vir die jaarlikse ekonomiese inspuiting, begin nou hiperbool.

Hannah ·

Die wereld behoort hulle grense te sluit vir enige persoon of produkt wat van China afkomtig is, totdat hierdie toestand onder beheer is.

pieter ·

GOD is in beheer.Hy beskerm die natuur wat so vernietig word deur die mens se selfsugtigheid.

Maria Van Wyk ·

Hy praat met ons, eers het hy die gedoen deur Bonné e Bod se DVD, nou met die Koronavirus, sal die mens luister?

l ·

Ek ondersteen Cherokee se voorstel dat die nuus verspei moet word dat dit van renosterhorings af kom. Blink gedagte!

Co ·

Ja, ek het self baie in Beijing gewerk en daai aaklige tonele gesien. Maar niks kom naby wat ek in Guanzhou gesien het nie. Daar het ek winkels gesien, byna groot soos ons “supermarkte” wat 1000de lewendige slang, honderde apies asook honde, katte en ‘n groot verskeidenheid wilde voels verkoop om geeet te word. Nee kyk, daai goed vreet enigiets.

Maar in Wes Afrika het ek ook baie keer gesien hoe “bushmeat” verkoop word, wat oa vlermuise en veral rotte ingesluit het. Dit is sooo tragies, as mens deur die pragtige ashanti woude in Ghana ry en daar is GEEN lewe te bespeur nie, nie eens ‘n voeltjie nie. Ook as mens verder of dieper die bosse inkyk sien mens hoe die verdomde chinese die woude uitkap en al die hout china te “uitvoer”. Ek se “uitvoer” want dit word alles onwettig gedoen, ‘n paar amptenare word ‘n paar $ in die sak gesteek en die probleem is opgelos.

Die chinese is ‘n aaklige nasie en moet baie versigtig hanteer word. Plaas dat kleine Greta Thunberg (en haar trawante/linkse media) haar/hul energie op die chinese plaas en die weste – wat tot ‘n mate probeer om die klimaat saak te hanteer – uitlos!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.