Koronavirus: Wuhan moet hospitaal binne ses dae bou

‘n Pasiënt word by Zhongnan-hospitaal behandel (24 Januarie 2020) (Foto: Xiong Qi/Xinhua via AP)

Dit sal slegs ses dae neem om ʼn nuwe hospitaal in Wuhan in China op te rig waar die koronavirus-epidemie uitgebreek het.

Die fasiliteit, wat 1 000 pasiënte sal kan huisves, word deur voorafvervaardigde komponente gebou, aldus staatsmedia. ʼn Video van die konstruksieperseel (sien onderaan die berig) wys hoe grondverskuiwingstoerusting die gebied gereed maak. Die fasiliteit sal na verwagting op 3 Februarie reeds sy eerste pasiënte ontvang.

Tydens die ernstige akute respiratoriese sindroom (Ears of SARS in Engels)-pandemie in 2003 is ʼn behandelingsentrum binne sewe dae deur duisende werkers in Beijing opgerig.

Die koronavirus, wat aanvanklik in Wuhan aangemeld is, het oor China heen en na ander lande, waaronder Frankryk, die VSA en Australië, versprei. Staatsmedia het Saterdag bevestig minstens 41 persone is dood en 43 miljoen persone is in kwarantyn geplaas terwyl openbare vervoer en openbare vergaderings opgeskort is. Die meeste gevalle is in Wuhan aangemeld. Die koronavirus is vermoedelik oorgedra van wilde diere wat op ʼn seekosmark verkoop is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Docepb ·

Mooi, China. Die ANC kon in laaste 26 jaar nie ń nuwe hospitaal bou nie

Z ·

Dit kan net met dissipline gedoen word.
Wat sou gebeur as dit SA was?

JW ·

Ja Renê baie waar wat jy sê-die kriminele hier in die nuwe Suid-Afrika sal beslis verbeter op die 6 dae rekord om n hospitaal op te rig- hulle sal n baie vinniger rekord opstel om so n hospitaal te kan afbreek en wegdra

Daan Erasmus ·

Ses dae. Ons kry dit nie reg in 6 jaar nie. Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg.

Johan ·

Die Chinese bou ‘n hospitaal in 6 dae. In Suid-Afrika kan hulle nie ‘n kragsentrale in baie jare bou nie!

Swannie ·

In Suid Afrika kan ons op `n ander rekord verbeter.

Hier kan `n hospitaal binne SES dae kaal gestroop en afgebreek word.

Oom Koos ·

Die Corona virus word blykbaar deur vlermuise aan mense oorgedra. Die Sjinese is mos vreeslik lief om alles wat roer te eet. Hoop die Suid-Afrikaanse gesondheidsowerhede is bewus wat aangaan en tref die nodige voorsorgmaatreêls dat die virus nie na SA versprei nie.

PJC ·

Dit wys wat gedoen kan word as daar dissipline en produktiewe arbeid is.

Co ·

Korrek, dissipline en ‘n produktiewe werksmag! Ek het in Beijing gewerk, asook >60 lande wereld wyd. In Beijing het ons gesien hoe word ‘n 17km lange deel van ‘n nuwe snelweg snags geteer, die lamppale word opgerig, grond word ingery om die middelmannetjie te vul en plante word geplant. MAAR , dit is baie goedkoop arbeid wat dit doen – die weermag!Ek weet nie hoeveel duisend soldate het daar opgedaag nie maar dit het soos ‘n klein oorlog gelyk toe die lorries met soldate daar opdaag. Die kwaliteit was vir my maar verdag!

Soos 7 jaar gelede werk ek in Nairobi, daar bou die Chinese en die Duitsers ‘n snelweg 9hofsaaklik vir swaar verkeer)van Mombasa na die Sentraal Westelike lande – oa Sudan. Die Chinese doen een deel, die Duitsers die ander. Daar aan die buitewyke van Nairobi eindig die Chinese projek met hul 15cm diep fondasie en daar begin die Duitse projek met hul 50cm fodasie.

“Moral of the story” – Goedkoop koop is duur koop! Daai hospitale gaan nie hou nie!

Meisie ·

In n begig word beweer dat die virus oorgedra is van wildediere se vleis op n mark wat die mense geeet het (2003). Kan nie dink dat daar Sa’ners woon nie, een of ander tyd gaan jy sulke vleis inkry..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.