Kragonderbreking in Rio tydens wêreldbeker

Botafogo, Brasilië Foto: shafir.info

Botafogo, Brasilië Foto: shafir.info

ʼn Besige deel in die suide van Rio de Janeiro in Brasilië wat gewild is onder toeriste vir die wêreldbeker, het Sondag vir drie ure lank nie elektrisiteit gehad nie.

Geboue in die luukse Botafogo-distrik het nie kragtoevoer gehad nie, het Raphael Torres, woordvoerder vir die elektrisiteitsmaatskappy, Light SA, gesê. Hy het gesê hy weet nie hoeveel mense geraak is of wat die oorsaak vir die kragonderbreking was nie.

Copacabana, waar die meeste toeriste van die wêreldbeker tuisgaan, of die strand waar wedstryde vir duisende ondersteuners uitgesaai word, is nie deur die kragonderbreking geraak nie. –SAPA-AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.