Grootskaalse kragonderbrekings duur Vrydag voort in Sofala, Mosambiek ná ʼn kategorie 4- tropiese sikloon die land getref het.
Mussa Mustafa, van die nasionale instituut van rampbestuur, het bevestig Sofala, waar die stad Beira geleë is, is die swaarste getref deur sikloon Idai.
Die Mosambiekse meteorologiese instituut het gesê Idai word nou afgegradeer na kategorie 3 met wind van tot 140 km/h.
“Die volle omvang van die skade is nog nie bekend nie,” het die Verenigde Nasies se kantoor vir die koördinering van humanitêre sake (Ocha) gesê. Skole en gesondheidsfasiliteite is waarskynlik beskadig. Oeste is waarskynlik ook beskadig.
Minstens 122 persone is reeds sedert 13 Maart in Mosambiek en die naburige Malawi dood weens swaar reën vloede terwyl die sikloon genader het, aldus Ocha.
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het gesê die stelsel hou na verwagting nie enige gevaar in vir Suid-Afrika nie.
Die wind waai nie eers by ons en ons sit ook sonder krag
Wanneer gaan ons sikloon ophou? Ons krag onderbrekings gaan nou al jare aan…
Die sikloon hier op die Suid kus duur voort sonder water al vir 6 dae en dan beurt krag is n gereelde ding hierso.