Kragtige aardbewing in Papoea-Nieu-Guinee

CapturePapoea-Nieu-Guinee is Saterdag deur ʼn kragtige aardbewing van 7,5 op die Richterskaal getref.

Volgens die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) het die aardbewing laat Saterdagmiddag sowat 75km suidwes van Panguna op die eiland Bougainville plaasgevind op ʼn diepte van sowat 31km. Daar was geen onmiddellike berigte van beserings of skade nie.

Die Pasifiese Tsoenami-waarskuwingsentrum het intussen ʼn tsoenami-waarskuwing vir Papoea-Nieu-Guinee en die Solomon-eilande uitgereik.

Aardbewings is ʼn algemene verskynsel in Papoea-Nieu-Guinee. Die land lê in die sogenaamde “ring van vuur” waar kragtige aardbewings en vulkaniese uitbarstings algemeen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.