Kragtige aardbewing skud vakansiegangers in Meksiko

aardbewing‘n Baie sterk aardbewing van 7,2 op die momentmagnitudeskaal het vakansiegangers in Acapulco op Goeie Vrydagoggend goed laat skrik.

Die aardbewing het net mooi tussen die vakansieplekke Acapulco en Zijuatanejo voorgekom, en is tot in Meksikostad, 265 kilometer daarvandaan gevoel, waar minstens een gebou beskadig is.

In Acapulco het paniekbevange toeriste die strate ingestorm, terwyl winkelvensters gebreek het. Daar was kort na die skudding nog geen berigte oor beserings of ernstige skade nie. Ook in Meksikostad het mense uit veral hoë geboue gevlug, en talle het in hul pajamas op straat beland.

Bronne: CNN, Chron, USGS, Global News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.