Kragtige ontploffing ruk Kaboel, minstens 50 dood

Rook van die bom kon van ver af gesien word. Foto: Via Lotfullah Najafizada‏Verified account / @LNajafizada op Twitter

Minstens 50 mense is Woensdag dood en 150 beseer in ʼn bomontploffing in die Afgaanse hoofstad, Kaboel.

Volgens die plaaslike media is die getal sterftes en beseerdes deur die ministerie van openbare gesondheid deurgegee.

Die ontploffing was in die middel van die hoofstad in ʼn gebied waar verskeie ambassades, waaronder die Duitse ambassade, geleë is.

Volgens berugte was dit ʼn “kragtige motorbom” wat by die ingang van die Duitse ambassade ontplof het.

Niemand het nog aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar nie.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mercia Prinsloo ·

Doodeenvoudig net baie dankie vir goedversorgde taal en gereelde opdatering !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.