Krieketlegende Shane Warne oorlede

Shane Warne. Foto: William West/AFP.

Die legendariese Australiese bybreek-bouler, Shane Warne, is in die ouderdom van 52 oorlede.

Sy bestuur het Saterdag in die vroeë oggendure (AEDT) ʼn kort verklaring uitgereik dat hy in Koh Samui, Thailand, oorlede is, vermoedelik weens ʼn hartaanval.

“Shane is bewusteloos aangetref in sy villa. Ondanks die beste pogings deur paramedici kon hy nie bygebring word nie,” lui die verklaring. “Die familie vra dat hul privaatheid in hierdie tyd beskerm sal word.”

Warne was baie geliefd en het as “Warnie” bekendgestaan deur sy miljoene aanhangers wêreldwyd. Hy het 15 jaar lank internasionaal krieket gespeel en 708 toetspaaltjies geneem – die meeste vir enige Australiër, en die tweede meeste van alle tye naas Muttiah Muralitharan.

In sy speeldae was Warne byna net so bekend vir sy wilde partytjies, verhoudingskandale en dieetpil-probleme as vir sy ongelooflike kriekettalent en persoonlikheid op die veld. Hy het verskeie kolwers – onder wie Suid-Afrika se Daryll Cullinan – met die grootste gemak om sy pinkie gedraai.

Die vurige Australiër het in ’n onlangse onderhoud gesê dat hy daarvan sal hou om Engeland se volgende afrigter te word. “Ek sou daarvan hou om Engeland se afrigter te wees. Trouens, ek glo dat ek my goed van my taak sal kwyt, daar is baie talent om mee te werk,” het Warne aan Sky Sports gesê.

Medelye stroom in op sosiale media:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Oros Soros ·

Nie goeie nuus nie. Die wereld is ‘n krieketlegende armer. RIV

Johann ·

Rest in Peace you legend krieket is vandag n legende minder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.