Krieketspeler ontken dat hy hom ontbloot

Chris Gayle in aksie. Foto: AP Photo/Ricardo Mazalan

Die Wes-Indiese krieketspeler Chris Gayle het ontken dat hy homself aan ʼn masseuse ontbloot het ná ʼn oefensessie.

Gayle dagvaar FairFax Media, ʼn Australiese en Nieu-Seelandse mediamaatskappy, oor bewerings wat hulle in ʼn reeks artikels in Januarie 2016 gemaak het.

Daar is onder meer in The Sydney Morning Herald, The Age en The Canberra Times berig dat die bekende krieketspeler homself aan ʼn masseuse ontbloot het ná afloop van ʼn oefensessie tydens die Wêreldbekertoernooi in Sydney in 2015.

Gayle het Maandag tydens die eerste dag van die verhoor in die hooggeregshof in Nieu-Suid-Wallis gesê die bewerings teen hom “is die mees kwetsende ding nog in sy hele lewe”.

Gayle het gesê hy moes hom teen die bewerings verdedig aangesien hy sy naam in ere wil herstel. “Ek glo sterk dat jy moet opstaan vir iets, anders val jy vir enigiets.”

Die Wêreldbekertoernooi in 2015 is deur Australië en Nieu-Seeland aangebied. Die verhoor sal na verwagting tot twee weke lank duur.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

En . . . ·

En as man, hoe verdedig jy jouself, veral wanneer jy ‘n bekende is?

Valerie ·

Die ou, wat dink hy is tog so oulik, het ‘n geskiedenis in die afdeling, nie waar nie? Nou maak hy sy probleem ander mense s’n. Tipies.

Shorty ·

Dis ‘n Australiese en Nieu-Seelandse mediamaatskappy wat die artikels geplaas het. maar nou wonder ek of Nieu-seeland nie net suur drywe het nie want hulle het met die rugby wereldbeker in Suid-Afrika weer gese dat ons hulle vergiftig het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.