Krim-horlosies nou op Rusland-tyd

horlosieDie Krim-skiereiland stel Sondag dagligbesparing hul horlosies twee ure vorentoe om by Rusland in te val.

ʼn Simboliese seremonie word Sondagaand om 20:00 (plaaslike tyd) by die spoorwegstasie in die hoofstad Simferopol gehou.

Europeërs en Krim-inwoners het reeds hul horlosies Sondagoggend om 02:00 aangestel.

Die meerderheid inwoners van die skiereiland het vroeër vandeesmaand in ʼn referendum gekies om by Rusland aan te sluit en van Oekraïne weg te breek.

Die Weste en Oekraïne het Moskou se oorname van die skiereiland veroordeel, maar Wladimir Poetin, president van Rusland, het dit as “historiese geregtigheid” beskryf. Hy het gesê Sowjet-leier Nikita Khrushchev het in 1954 ʼn fout gemaak om die Krim-skiereiland aan die Republiek van Sowjet-Oekraïne te oorhandig. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.