Krokodil in dieretuin geskiet om bewaarder te red

Foto: Gregg Yan/Wikimedia Commons

ʼn Krokodil wat ʼn bewaarder se hand in sy bek vasgegryp het, is in Switserland doodgeskiet, het die direkteur van die Zürich-dieretuin Woensdag gesê.

ʼn Vroulike bewaarder was Maandag besig om die krokodil se hok skoon te maak toe die voorval gebeur het. Toe sy die krokodil uit die hok wou skuif, het hy haar hand gegryp en het ʼn paar minute lank haar hand in sy greep gehad sonder om te laat los.

Die dieretuin het gevolglik besluit om die 1,5 meter lange, 15 kg krokodil te skiet, het Alex Ruebel, direkteur van die dieretuin, aan die Switserse nuusagentskap Keystone-SDA gesê. Die vrou was Woensdag nog in die hospitaal.

Filippynse krokodille is ʼn seldsame spesie en slegs 250 is nog in die wild.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.