Krokodil val tiener aan ná vriende se uitdaging

Argieffoto (Miniformat65, Pixabay)

Argieffoto (Miniformat65, Pixabay)

ʼn Krokodil het Sondag ʼn Australiese tiener aangeval nadat sy vriende hom glo uitgedaag het om in ʼn rivier, wat ʼn bekend is vir aggressiewe soutwaterkrokodille, te spring.

Lee de Paauw van Queensland sterk tans in die hospitaal aan met diep snywonde aan sy arm, nadat die krokodil byna sy arm afgebyt het.

Volgens nooddienste het die 18-jarige, wat in Queensland in ʼn koshuis woon, glo by vriende gespog dat hy in die rivier kan swem sonder dat hy iets oorkom, waarna vriende hom uitgedaag het om in die water te spring.

“Nie een van ons het gedink hy gaan werklik in die water spring nie,” het Sophie Paterson aan die Queensland Courier Mail-koerant vertel. “Maar toe spring hy regtig. Dit het alles so vinnig gebeur. Hy was skaars in, toe skree hy om hulp. Daar was bloed oral en hy het nie ophou skreeu nie.”

De Paauw was glo in staat om uit die kake van die krokodil los te kom en was naby genoeg aan die oewer om vinnig uit die water te kom.

Hy het diep snywonde aan sy linkerarm gehad.

Nooddienste het ná die voorval die gebied gefynkam en op die lyk van ʼn ander man, wat vermoedelik Saterdag deur krokodille doodgebyt is toe hy alleen visgevang het, afgekom.

Australiese owerhede glo dieselfde krokodil is verantwoordelik vir beide aanvalle. Die 18-jarige het egter die wet oortree en daarom sal die krokodil nie van kant gemaak word nie.

Krokodille is sedert die 1970’s ʼn beskermde spesie in Australië, wat gelei het tot ʼn reuse toename in hul bevolking in die tropiese noorde van die land.

Soutwaterkrokodille kan tot 70 jaar lank leef en tot sewe meter lank word.

Bron: CBS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

Wees nou net so manhaftige en word gesond, julle kinders het mos nie ore nie

Cecily ·

18 jaar oud en hy val sulke twak aan kon hy nie vir homself dink nie. Dan het hy nog boonop die wet oortree wat soek julle daar. Hoop regtig jyt nou jou les geleer. Jy kon dood gewees het en wat dan van jou ouers wat met die pyn agter gelaat word.

Pietewiet ·

Soos die ou Afrikaanse gesegde sê – as die kop dom is moet die lyf seerkry.

Jan Karsten ·

Daar is nie pille vir onosel en dom nie, hoop jou vriende betaal jou hospitaal kostes.

humor ·

Tipiese optrede van daardie ouderdom veral binne n groep en veral as daar nog n dametjie of 2 teenwoordig. Baie onverantwoordelik.

Sorodi ·

Dit is ongelukkig die probleem met meeste jong tieners van vandag, daar moet altyd een in die groep wees wat dit net daai bietjie te ver vat en natuurlik aangehits word deur die res wat regstaan met selfone om alles af te neem. Nou sit die ouers met onnodige mediese onkostes en het daai jong idioot daaraan gedink voordat hy in die water gespring het, beslis nie want hy wou ‘n groot meneer wees! Soos die engelse spreekwoord sê …… Common sense is a flower that doesn’t grow in everyone’s garden!

t ·

Die meeste van hierdie heldhaftige manewales begin met “Hou my bier laat ek julle iets wys”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.