Kroonprins praat eerste keer oor vrou se siekte

Kroonprinses Mette-Marit van Noorweë ly aan ’n ongeneeslike longkwaal. Foto: Wikipedia

Die troonopvolger van Noorweë, kroonprins Haakon (45), het vir die eerste keer openlik gepraat oor die chroniese longsiekte wat by sy vrou, prinses Mette-Marit, gediagnoseer is.

Die 45-jarige toekomstige koningin van die Skandinawiese land het ʼn ongewone soort longfibrose, ʼn aandoening waarby littekenweefsel in die longe ontstaan, berig Algemeen Dagblad, Nederland se naasgrootste daaglikse koerant.

“Ek dink die meeste dinge is wel reeds gesê, maar dit is duidelik dat dit iets is waardeur ons saam moet gaan,” het Haakon tydens ʼn openbare optrede gesê, en bygevoeg hy waardeer die Noorse volk se steun, wat deurentyd met haar meeleef.

Die kroonprinses ly reeds geruime tyd aan die siekte, maar die nuus is bekend gemaak omdat die aandoening nou so ʼn uitwerking op haar daaglikse lewe het dat sy nie langer al haar ampspligte kan nakom nie.

Sy word behandel in die universiteitskliniek van die Rykshospitaal in die Noorse hoofstad, Oslo. “Ek sukkel met ʼn suurstofgebrek, hoes en asemnood,” het die prinses onlangs gesê. “Ek het al enkele jare lank gesondheidsprobleme en nou weet ons wat die oorsaak is.”

Die Noorse hof het gerugte ontken dat die prinses op ʼn waglys vir ʼn longoorplanting en terminaal is.

Mette-Marit is in 2001 met Haakon getroud toe sy reeds ʼn seun, Marius (nou 21), uit ʼn vorige huwelik gehad het. Sy en die kroonprins het twee kinders, Ingrid (14) en Sverre (12).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gwen ·

Maroela het uiteindelik ontdek dat daar meer koninklike families in die Westerse wêreld is as net dié van die Verenigde Koninkryk.

Abe ·

Wat ‘n pragtige koningsgesin. Mens kan haar en haar familie maar net sterkte en beterskap toewens.

Waarheid ·

Pragtige vrou. Sterkte aan haar en gesin

Dankie tog vir ander koninklike nuus.Ek is al so op vir die Britte.
Dankie Maroela dat julle bewus geword het van ander koningshuise.

Nanna ·

‘n Baie mooier prinses as die ander 1 wat gedurig in ons kele afgedruk word.

Abe ·

Nanna,
Wat n belaglike ding om te se: Hoe kan ‘n nuusitem ‘n persoon “in jou keel af druk”. Elkeen wat ‘n nuusberig lees het die keuse om daarmee te maak wat hy wil.

John ·

Volgens Karel Schoeman se skrywes in sy boek oor Bloemfontein, het die nou stad(stat) sy bestaan te danke aan die feit dat ontdek is dat mense met longkwale in die dor en droe wereld genesing vind. Baie pasiente is aangeraai om daarheen te reis en in die gastehuise wat toe vinnig toegeneem het, vir ‘n tydperk te gaan bly. Of dit vir die prinses se siekte sal help is ‘n ander vraag. Wat wel waar is, is dat die noordelike gebiede baie klam is en sonlig skaars. Miskien kan sy daar ‘n draai maak en die bedroeflike ou stad ‘n bietjie opkikker. Dis glo uiters smerig met troebelwatertjies uit die krane sonder enige vooruitsigte… Baie luukse gastehuise is wel volop… sedert toeka se tyd.

Boertjie ·

Goeiemore Maroela Media, net ‘n vinnige vragie. Is dit kroonprins, of kroonsprins? (Eerste paragraaf.)
Groetnis!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.