Kruisvaardergoud en -skip in Akra gevind

Van die floryne wat gevind is (Foto: Israel Antiquities Authority)

Die oorblyfsels van ’n skip wat dateer van ongeveer die jaar 1291 en goud wat aan boord was, is deur argeoloë in die hawe van Akra in Israel gevind.

Akra was die laaste weerstand wat die Kruisvaarders gebied het voordat die Moslems die heilige land volledig verower het. Die skip is vermoedelik die laaste wat nog Christen-vlugtelinge probeer wegvoer het.

Kruisvaarders het die koninkryk van Jerusalem in 1099 ná die eerste kruisvaart gestig.

Dié koninkryk het byna 200 jaar bestaan, hoewel Jerusalem, afgesien van ’n kort periode, sedert 1187 nie meer deel daarvan was nie. Akra het toe die hoofstad van die tweede koninkryk van Jerusalem geword.

Teen 1291 het die Moslems met 100 000 man ʼn aanslag op dié laaste vesting uitgevoer. Die laaste weerstand was by die hawe. Die 30 goue floryne aan boord van die skip en wat erg deur baggerwerk beskadig is, gekry is, bevestig dat die skip deel van die finale vlug uit Akra was.

Uit die geskiedenis is dit bekend dat edelliede en rykes desperaat skeepseienaars probeer omkoop het om hulle saam te neem, maar plek kon slegs vir ’n handjievol gekry word.

Bron: News

 

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

7 Kommentare

Johann ·

Ek persoonlik dink die inligting is nie juis nie, sê nie Maroela gee verkeerde inligting deur nie, bedoel net in daardie eeu sou daar nie masjinerie gewees het om dit so kon beslaan nie

Cherokee ·

Ek het ook gewonder daaroor. En dit is te presies om met die hand gedoen te wees. Maar die mense van toeka se jare was slimmer as wat ons somtyds dink. Kyk waste netjiese graveerwerk word gevind in piramides.

Paul ·

Johann, jy moet maar bietjie meer leer oor die geskiedenis van munte. Goud is van die maklikste metale om mee te werk, aangesien dit baie sag en smeebaar is.

Die munte op die foto is inderdaad Fenesiese floryne wat vir die eerste keer in 1252 gemaak is. Die proses wat gebruik is om sulke munte te maak was, tot in die sestiende eeu wel met die hand in die sin dat ronde skywe metaal uit groter plate geknip is met ‘n tipe blikskêr. Die ronde plaatjies is dan tussen twee stukke harder metaal, waarop die ontwerp van die twee kante van die munt uitgegraveer was, gesit. Die “toebroodjie” is dan met ‘n hamer geslaan om die ontwerp op die munt te kry en is dan verder rondom die kante afgewerk om dit mooi netjies en die regte gewig te maak. Dit was inderdaad baie arbeidsintensief.
Eers in die sestiende eeu is skroefperse gebruik om munte te maak, maar selfs tot in die 18de eeu is die hamer-metode steeds plek-plek gebruik.

Gevorderde metaalwerktegnologie bestaan baie langer reeds as wat jy dink.

Sarie ·

Ek glo wel dat dit moontlik kon wees.. Kyk na die wonderbaarlike bouwerk in où Egipte & daar was nie hyskrane ens nie. Daai “klippe” is so presies & hoè het hulle daai blokke daarbò gekry?

Lukas ·

Johann, gaan google “minting coins history”- jy sal nie glo van wanneer munte al gemaak was nie!

jaco ·

Die stad se Engelse naam is Acre. Die Afrikaanse weergawe is Akko; nie Akra nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.