Kuberaanval raak 1 500 ondernemings wêreldwyd

(Argieffoto: Unsplash)

Soveel as 1 500 ondernemings in minstens 17 lande is die afgelope naweek deur ʼn massiewe kuberaanval waarin kwaadwillige sagteware gebruik is geraak toe die Amerikaanse sagtewaremaatskappy, Kaseya, gekaap is. Dié maatskappy verskaf sagtewaredienste aan ongeveer 40 000 ondernemings wêreldwyd, insluitend in Suid-Afrika.

Tydens die aanval is die betrokke ondernemings se data geënkripteer. Van dié ondernemings moes soveel as 70 000 dollar (sowat R997 500) in bitcoin as losprys betaal om die gesteelde data terug te kry.

Kenners glo die aanval is deur ʼn Russiese kuberbende uitgevoer.

Tydens die aanval het die aanvallers veranderinge aan Kaseya se sagteware, genaamd VSA, aangebring. Hierdie sagteware word deur ondernemings gebruik om netwerke van rekenaars en drukkers van ʼn sentrale punt te bestuur.

Lande wat geraak is, sluit in Suid-Afrika, Brittanje, Mexiko en Nieu-Seeland, waar ten minste twee skole ook geraak is.

Swede se supermarkkettingwinkel Coop was een van die indirekte slagoffers van die aanval. Dié winkels kon sedert Vrydag nie hul kasregisters gebruik nie omdat die kettinggroep se IT-verskaffer, Visma Esscom, ook deur die aanval geraak is.

Die FBI is tans in verbinding met Kaseya om verbeterde veiligheidsmaatreëls vir sy netwerk en sy kliënte se stelsels gereed te kry.

Die FBI het gesê die omvang van die aanval is so groot dat hy “nie in staat is om individueel op elke slagoffer te reageer nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Enduro ·

Ek wens 70 000 dollar was slegs R100 000. Die wisselkoers was in die 90s so laag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.