Kuberkrakers het ISIS in die visier

Skermskoot van 'n Twitter-profiel

Skermskoot van ‘n Twitter-profiel

ʼn Groep kuberkrakers wat hulself “Anonymous” noem, is besig met ʼn kuberkraakveldtog teen die terroristeorganisasie, ISIS, ná Vrydagaand se aanval in Parys.

Maroela Media het vroeër berig 129 persone is in dié aanval dood.

Anonymous se veldtog, wat hulle #OPParis gedoop het, het ten doel om ISIS se invloed op die internet en kommunikasiekanale te vernietig. “Ons kan hulle nie net met gewere aanval nie,” het ʼn woordvoerder van Anonymous aan die BBC gesê. “As ons hulle propaganda kan keer, is dit ʼn doeltreffende manier om hul mannekrag en teenwoordigheid op die internet te verswak.”

Die groep kuberkrakers het intussen ook drie hulpgidse op ʼn webwerf gelaai, ʼn sogenaamde “NoobGuide” vir enigiemand wat betrokke wil raak maar nie weet hoe om ʼn kuberkraker te wees nie.

Let wel dat kuberkraak-aktiwiteite nie wettig is nie, en Maroela Media moedig niemand aan om hiervan deel te wees nie.

Anonymous het al meer as 10 jaar lank regerings-, korporatiewe en godsdienstige webwerwe ingesypel. Ná die Charlie Hebdo-slagting in Januarie het die organisasie begin om ekstremiste aanlyn te beveg. Die organisasie het ʼn lys van meer as 39 000 Twitter-rekeninge geïdentifiseer van persone wat met IS simpatiseer en kon glo minstens 25 000 van dié rekeninge opskort.

Volgens die organisasie het hulle ná die Parys-aanval reeds 5 500 profiele op sosiale media kon opskort.

ISIS het intussen deur middel van Telegram aan sy agente ʼn waarskuwing uitgestuur om nie “enige skakels oop te maak van onbekende persone nie”, om “nie met enige onbekende persone op Telegram of Twitter DM te gesels nie” en om gereeld van IP-adres te verander.

Lees meer: BBC, Fortune.com, Mirror, Engadget, The Next Web

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ben ☺☺☺ ·

ek steun hulle ten volle – as mense wat aan bewind is te swak is om die werk te doen moet iemand wat kan help dan maar help…

Jan maak n Plan ·

Hierdie krakers kan baie nuttig gebruik word. Dink bv. net as n organisasie soos ISIS se rekeninge ewe skielik dol leeg is en welsyns organisasie ewe skielik n klomp geld kry. Ek dink die ouens moet begin spoed vang – daars baie werk wat gedoen moet word.

DB ·

Ek wens hulle kon dit doen en ek sal bly wers maar hulle.het SA ook gepyl in 2011 en gese Zuma sal stop gesit word teen korrupsie en en en en en en ons moorde is meer meer geld word gesteel en daar is meer rassisme as ooit tevore jamme maar ek het bietjie hoop in hulle.verloor

Shirley ·

My videos op maroela wil nie wys nie. Ek kan als lees maar glad nie die vidreos of fotos sien nie

Sune van Heerden ·

Dagsê Shirley

Kan jy dalk vir my ‘n e-pos stuur aan [email protected] en net aandui met watter toestel jy ons webwerf besoek?
Ons sal die probleem graag wil oplos!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

M de Beer ·

My tablet doen dieselfde. Die eerste paar nuus gebeure het reg gewerk maar later kon ek nie eers die kommentare se icons sien nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê M

Ek weet nie of jy dalk Maroela se app op jou tabletrekenaar gebruik nie. Ons app is nog nie vir tabletrekenaars ontwikkel nie, en ek vermoed dit is dalk waar die probleem insluip. Besoek die webwerf gerus direk by http://maroelamedia.co.za – ons ontwerp is van só aard dat dit optimaal op enige skerm sal vertoon. Stuur gerus vir ons ‘n e-pos aan [email protected] indien die probleem voortduur.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jean ·

Sjoe. Julle het inderdaad snaakse prioriteite hier. Wat was dit die keer? Die woord puisie?

Jean ·

Was dit dan hoe ek een van die ISIS dade as beskrywing gebruik het?

Jean ·

Anonymous is self ook terroriste.

Gaan julle dit ook rapporteer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.