Kuberoorlog – maar tussen wie en wie?

The Interview Foto: Facebook

The Interview Foto: Facebook

Noord-Korea se internet is die derde keer in ’n week volledig lamgelê, en die 3G-selfoonnetwerk wass ook buite werking.

Noord-Korea se internet is al die hele week lank erg ontwrig, skynbaar weens herhaalde kuberaanvalle. Noord-Korea wys die vinger woedend na die VSA. Die jongste kuberstilte het vyf ure geduur.

Maar Noord-Korea word self daarvan verdink dat dié land die kuberoorlog begin het deur die webwerf van Sony Pictures te kraak en bedryfsgeheime vas te lê. Die vinger word na Noord-Korea gewys omdat Noord-Korea erg beswaar gemaak het teen die wys van die satiriese rolprent, The Interview, waarin die draak gesteek word met die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-un. (Klik hier om meer te lees.) Die FBI het Saterdag bevestig dat sy ondersoek bevind het die Noord-Koreaanse regering sit agter die kuberaanval.

Sony het die uitreiking van die rolprent onttrek, maar ander het sedertdien die prent op baie beperkte skaal vir selektiewe gehore uitgereik (‘n lokprent volg onderaan die berig). Noord-Korea het woedend reageer en pres. Barack Obama onder meer “’n aap in die bos” genoem. Obama het beloof dat die VSA se reaksie “proporsioneel” sou wees.

Sedertdien word Noord-Korea se internet erg ontwrig, en periodiek heeltemal lamgelê.

Bronne: Trouw, ABC News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.