Kullery in marathon ʼn ‘skreiende skande’

Op dié skermskoot kan gesien word hoe hardlopers regs in die rooi kring uit bome te voorskyn kom wat twee dele van die marathon skei, nadat hulle kortpad gekies het.

Organiseerders van die Shenzhen-halfmarathon in China sê die 258 hardlopers wat verlede Sondag betrap is dat hulle kul, sal nie kan weghol van die gevolge van hul dade nie.

Altesaam 18 deelnemers het vals beffies gedra en drie het namens ander gehardloop, berig The Guardian. Dié hardlopers kan lewenslank verbied word om aan die wedloop deel te neem.

Die orige 237 deelnemers, wat onder meer kortpaaie tydens die wedloop gekies het, maar uitgevang is deur verkeerskameras en plaaslike fotograwe, kan vir twee jaar daarvan weerhou word om deel te neem.

In die mees blatante geval het ʼn verkeerskamera hardlopers afgeneem waar hulle minstens 1 km voordat hulle veronderstel was om ʼn U-draai te maak, omgedraai het en so amper 10% minder as die veronderstelde roete van 21 km te hardloop.

Op ander beeldmateriaal kan gesien word hoe hardlopers deur bosse en tussen bome deur hardloop wat twee dele van die roete geskei het.

Die organiseerders beskryf die grootskaalse kullery as “ʼn skreiende skande” en sê hulle betreur die oortredings. “Deelname aan ʼn marathon is nie net oefening nie; dis ʼn metafoor vir die lewe en elke hardloper is vir hom- of haarself verantwoordelik.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

zoom zoom ·

Hoekom gaan worry oor wie gecheat het in die marathon.
China is reeds besig Om Zimbabwe en Mosambiek en nou ook SA uit ons lands te cheat. SA Sal dan bekend staan as CHSAFRICA. Ek dink ons gaan lekker leef hier.

Fortis ·

Ek was nie daarvan bewus dat ANC- en EFF-lede deesdae aan marathons in China deelneem nie!

humor ·

Ek wonder hoe voel mens as jy uitgevang word en die ander deelnemers kyk jou in die oe. Die vernedering moet sleg wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.