Kunswerk in haar kombuis toe miljoene werd

Die kunswerk, getiteld “Christ Mocked”.

ʼn Vroeë Renaissance-meesterstuk deur die Florentynse skilder Cimabue is in ʼn kombuis in ʼn stad naby Parys in Frankryk ontdek.

The Guardian berig die kunswerk, getiteld “Christ Mocked”, is na verwagting tussen €4 en €6 miljoen (minstens R65 miljoen) werd en sal volgende maand opgeveil word.

Die kunswerk word besit deur ʼn vrou van die dorp Compiègne en dit het tussen haar kombuis en sitkamer gehang. Sy het dit onlangs laat waardeer, maar nie gedink dit sal veel werd wees nie.

Volgens kenners is daar geen geskil oor die oorsprong daarvan nie, berig BBC. Toetse is op die kunswerk uitgevoer met behulp van infrarooi lig om die ooreenkomste met werke van Cimabue, ook bekend as Cenni di Pepo, te bepaal.

Die skildery is vermoedelik deel van ʼn groot diptiek wat uit 1280 dateer, toe Cimabue agt tonele geskilder het wat die passie en kruisiging van Christus uitbeeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

JL ·

As die hoenders skildery in my kombuis maar soveel werd was…sug.

Cherokee ·

Laat dit ten minste waardeer. Dit mag van egte Leghorns wees!

LC ·

Miskien is dit chicken licken hoenders van 1534. Gepaint deur kol Sanders die eerste in 1535.

Niklaas ·

Daars n ou skets van n kat in my buitestoor. Moet dit laat waardeer. Dalks n fortyntjie werd. Mens weet nooit…

Johan ·

Ek het hierdie skuldery van Kremertat home onderteken,dit lyk Soos Pierneel/f,Kan nie mooi sien Nie.Dan een van n vrou onderteken deur n M Loubcher….wonder of dit iets werd is????

Ekke ·

Ek het n paar skilderye van n vrou wat dit onderteken het met “NZEE”
Soos ek verstaan, is daar heelwat van haar meurals in die Sheraton Hotel in Pta te sien. ‘n Paar huise spog ook met meurals, beelde en skilderye..????

Cherokee ·

‘n Omie wat baie skilderye gehad het, het eendag ‘n geraamde kleur-skets van ‘n blom van sy muur afgehaal en vir my gegee. Dit is geteken deur (lyk soos DF Wilson 1990 of 1900) waarskynlik eersgenoemde. Op Internet is daar heelwat Wilson skilderye en tekeninge, self ‘n DF Wilson ook in Kalifornië, maar geeneen waardevol genoeg om moeite te doen nie.

KAKtus ·

Ek het ook n skildery van wat lyk soos n springbok wat n bal mis skop. Dit is geteken POEFPAF FAF??? Dink nie dit is iets werd nie????

LK ·

Ek het jare gelede in Vereeniging gewerk. Dit was groot groot geboue wat geverf moes word. Toe hulle dit afskuur was daar groooooot vliegtuie teen die mure geverf. Ek dink die waarde daarvan was daai jare dalk gering geskat.

Nuuskierig ·

LK….vertel meer. Ek bly in Vereeniging en het nog nooit van die gehoor nie. Enigste groot geboue is in die middestad, so neem aan dit is waar dit was?

Anoniem ·

Dis LEKKER om sulke stories te lees. :-) Ek is bly vir die persoon.

LK ·

By die “hanger” in die ou Staatsdorp. Telkom het daardie jare die kantore daar gehad, ek weet nie nou meer nie. Ek sal nog die gebou kan uitwys. Ek is al weg daar sedert 1987.
Dit was mos die vliegtuig Hanger gewees. Ek het nog ‘n vriend nou in Bloem, sal tog navraag doen of hy nog kan onthou. Dan sal ek laat weet of hulle dit so gehou het.

Parlement ·

Ek het n bekende skildery gedateer 2019 van die parlementslede :) Wonder of dit iets werd is hiehehie

Spook op thaba ·

Ekt n skuldery van wit rose en een van 2 nonne….toevallig is al2 geteken deur n Emily. Weet iemand dalk iets van so kunstenaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.