Kwaai basterbye pak bejaarde vrou

Africanizedbee‘n Bejaarde vrou van Kalifornië in Amerika is deur woedende bye aangeval en ongeveer ‘n duisend keer gesteek toe sy uit haar motor geklim het, berig Assosiated Press.

Die 73-jarige vrou sal na verwagting volkome herstel.

Die bye, wat as geafrikaniseerde heuningbye beskryf word, se nes is in ‘n elektriese substasie waar hulle deur ‘n kontrakteur versteur is. Hierdie bye, ook bekend as “killer bees” is ‘n verbastering van die Afrika-heuningby met verskeie westerse bye, waaronder die Italiaanse by.

Dié bye het teen ongeveer 1995 Kalifornië begin bereik na hulle uit die suidooste van die VSA versprei het.

Bronne: The Independent, Wikipedia

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.