Belga berig die skare het ’n tronk in die noordooste van die land bestorm, die verdagte uit sy sel gehaal en hom deur die strate van Dimapur gesleep en doodgeslaan. Sy lyk is hierna aan ‘n kloktoring vasgemaak.
Die Indiese regering ondersoek die voorval. Die oorledene is glo ’n Bangladesji, en die slagoffer ’n lid van ’n etniese minderheidsgroep.
Verkragting is ʼn sensitiewe kwessie in Indië, na verskeie voorvalle van groepverkragting aan die lig gekom het. Dit word blykbaar deur sommige gemeenskappe as aanvaarbaar beskou.
Die Indiese regering is juis nou in die spervuur omdat dit ’n BBC-film oor ’n vroeëre voorval probeer verbied. Die voorval op ’n bus het wêreldwyd aandag geniet, en in Indië tot grootskaalse betogings gelei. Die skuldiges is die doodstraf opgelê.
Bron: Belga
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Dalk is Indie net so keelvol vir moord, verkragting en ander misdaad soos ons.
Ek hoop net hulle het die regte ou gegryp! Sjoe as dit darem by ons kan gebeur gaan die tronke leegloop!
Ek hoop ook werklikwaar hulle het die regte een gegryp. Ek dink nie dit sal so `n slegte ding wees as dit hier by on begin gebeur nie – dan die die goed wa uit op parool is nie WEEEEER kan verkrag nie. Ons as vrouens gaan veiliger wees, en ons kinders (dogters sowel as seuns) sal bietjie veiliger wees. Hulle hoef nie gehang te word en die dodelike insputing te kry nie – nee dis dan net meer belasting. Ek is seker as die staat so iemand vir die gemeenskap gee hulle sal gou-gou plan maak met so iemand.… Lees meer »
Ek dink ons het so iets in SA nodig. Dit gebeur anyway in die townships. Dis tyd dat dit na die stede ook versprei. Ons reg stelsel is n klug en my belasting geld moet betaal vir 5 ster behandeling. I think not!
Ek wil net graag weet mnr die Verkragter. Wie het jou die reg gegee om te vat wat nie aan jou behoort nie. n Vrou is niemand se eiendom nie, maar ‘n persoon in eie reg. Julle wat so vergryp is gewoonlik diegene met vuil hande. Ouma’s, Vrouens, Dogtertjies en selfs Babas is nie veilig in jou nabyheid nie. Jy is veragtelik en so ook die dade wat jy doen.