Kyk Andrea Bocelli se gratis aanlyn Paaskonsert

Andrea Bocelli (Foto: Andrea Bocelli/Twitter)

Die sanger en liedjieskrywer Andrea Bocelli gaan Sondagaand regstreeks ʼn gratis konsert aanbied.

Bocelli gaan ʼn solovertoning lewer in die leë Duomo-katedraal in Milan.

Die konsert is spesiaal vir die miljoene mense wêreldwyd wat by die huis moet bly – weg van hul families, kerke en gemeenskappe – as deel van sosiale distansiëring en algehele afsondering tydens die koronavirus-uitbreking.

Bocelli gaan ʼn verskeidenheid van liedjies sing soos “Ave Maria” en Mascagni se “Sacta Maria” tydens sy spesiale Paaskonsert, “Bocelli: Music for Hope”.

“Dit is nie ʼn vertoning nie. Dit is nie ʼn konsert nie. Dit is net ʼn gebed,” het die operasanger vroeër gesê.

Kyk die konsert Sondagaand om 19:00 (Suid-Afrikaanse tyd) op Bocelli se YouTube-kanaal. Dit sal ook later op sy YouTube-blad beskikbaar wees as jy dit Sondagaand misloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

So ver lyk dit asof ek die enigste gas is in die katedraal. Wag, laat ek bietjie rondkyk tussen die sitplekke terwyl ek luister na die sang.

Racheltjie Debeer ·

Dit was werklik iets besonders, dis een van die mooiste katedrale wat ek nog gesien het.

Hekwag ·

Ek skat daar was ‘n geraamde 5 miljoen mense wêreldwyd wat dit gekyk het (1.7miljoen aansluitings x 3 persone per aansluiting)

Cleopatra69 ·

Uitstekend en so gee dit honderde duisende mense die geleentheid om hom te sien optree en hopelik te help vergeet van die ellende waarin ons nou verkeer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.