Kyk: Die wêreld skater oor Oscar-klap

Internetgebruikers van regoor die wêreld lag nou lekker vir die oorvloed meme’s wat die ronde doen sedert die onderdonsie tussen die akteur Will Smith en die komediant Chris Rock by die Oscar-toekenningsgeleentheid vanjaar.

Hoewel talle akteurs en meningsvormers die voorval tussen die twee bekendes in ʼn ernstige lig beskou, kan grapjasse nie help om gek te skeer nie.

Die twee bekendes het Sondag ʼn oproer tydens die 94ste jaarlikse Oscars veroorsaak, toe Smith vir Rock ʼn klap gegee het omdat dié ʼn grap oor sy vrou, Jada Pinkett Smith, gemaak het.

Smith het kort daarna sy eerste beeldjie vir beste akteur ontvang.

In van die meme’s word die voorval vervang met rolle wat Smith al in rolprente vertolk het en een grap boonop dat Smith met nog só ʼn klap vrede tussen Rusland en Oekraïne kan bewerkstellig.

Suid-Afrikaners kon ook nie help om ʼn grap of twee hieroor te maak nie en die kitskosmaatskappy Nando’s het selfs die geleentheid gebruik om sy kos te adverteer.

Hier is ʼn paar van die grappe wat nou die ronde doen:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Roebs

Dis goed lekker lag ek nou

Ian

Uitstekend gedoen!! Ons het regtig bietjie nodig om te lag.

Misky

Niks fout met ‘n goeie sin vir humor nie!!!

Karen

Hy kon in die privaat soos ñ groot man hoort te doen dit uitsorteer, nie voor miljoene kykers soos ñ kind nie.

Christine

Hierdie man gaan die klad op sy naam hê vir altyd. Hy gaan geen respek getoon word nie, want hy verdien geen respek. Wat ‘n sirkus.