Kyk: Jerusalem trek sy sneeubaadjie aan

Sneeu by die Jaffa-hek in Jerusalem se Ou Stad. (Foto: RONALDO SCHEMIDT / AFP)

’n Seldsame winterstorm het Donderdag gesorg vir sneeu in Jerusalem, Israel.

Die sneeustorm, wat reeds groot ontwrigting in Athene en Istanboel veroorsaak het, het swaar sneeu in gebiede wat beter bekend is vir hul somerhitte meegebring.

Israel se meteorologiese diens sê tussen 15 en 25 cm sneeu het oornag in Jerusalem geval. Die stad se hoofweë was vanoggend nog gesluit ten spyte daarvan dat 250 sneeuploeë laas nag ingespan is om die paaie oop te skraap.

Skole in Jerusalem, die noorde van Israel én die Wesoewer is tans gesluit.

Sneeu by die Jaffa-hek in Jerusalem se Ou Stad. (Foto: RONALDO SCHEMIDT / AFP)

Die sneeu sal egter nie lank hou nie, met warmer temperature wat in die komende dae voorspel word.

The Times of Israel berig die heuwelagtige streek, waaronder Jerusalem, beleef een keer elke paar jaar sneeuval. Die Israeliese hoofstad het in Februarie verlede jaar laas sneeu gehad toe ’n kouefront die gebied getref het en sneeu van tot 15 cm op sommige plekke geval het.

Die jongste sneeustorm, bekend as Elpris, het vroeër vandeesweek die eerste sneeu in Griekeland meegebring. Skole, inentingsentrums en die parlement in Athene was Maandag gesluit nadat temperature oornag tot -14 grade Celsius gedaal het.

Mense neem ‘n selfie in Jerusalem. (Foto: Menahem KAHANA / AFP)

Sneeu by die Jaffa-hek in Jerusalem se Ou Stad. (Foto: RONALDO SCHEMIDT / AFP)

Palmbome bedek met sneeu in Jerusalem. (Foto: Menahem KAHANA / AFP)

‘n Meisie baljaar in die sneeu in ‘n park in Jerusalem. (Foto: RONALDO SCHEMIDT / AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.