Kyk: ‘Nee meneer, dáái is g’n masker’

Adam Jenne wou vlieg met dié rooi stukkie lap oor sy gesig. (Foto: Skermgreep/ Twitter)

ʼn Passasier is gedwing om ʼn vliegtuig in Florida, Amerika, te verlaat nadat hy met ʼn rooi deurtrekker op sy gesig, eerder as ʼn behoorlike masker, wou vlieg.

Adam Jenne (38) het aan die nuuskanaal NBC2 gesê hy wou wys hoe absurd dit is om passasiers te dwing om ʼn masker op ʼn vliegtuig te dra, terwyl hulle dit kan afhaal wanneer hulle eet of drink.

ʼn Video van die voorval, wat deur ʼn ander passasier geneem is, wys hoe die lugvaartpersoneel vir Jenne sê hy sal nie aan boord die vliegtuig mag wees as hy die deurtrekker in plaas van ʼn masker op sy gesig hou nie. Hy het toe reeds gesit.

Na redelike geredekawel met die personeel, verlaat hy die vliegtuig voor dit van Fort Lauderdale-lughawe opstyg.

Volgens Jenne het hy reeds soortgelyke vlugte met ʼn deurtrekker as masker onderneem en aan lugvaartpersoneel gesê “dis ʼn masker wat sy werk doen”.

United Airlines het in ʼn verklaring gesê die kliënt het duidelik nie aan die lugredery se masker-mandaat voldoen nie. “Ons waardeer dit dat ons personeel die saak hanteer het voordat ons opgestyg het en dus enige moontlike ontwrigting tydens die vlug vermy het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Erik ·

Ek stem nogal saam. Dit maak geensins sin om ‘n masker op ‘n vliegtuig te dra nie. Toe ons as gesin onlangs gevlieg het, was daar nêrens ons temperatuur geneem, ons hande gesaniteer of ons simptome gevra nie, maar o wee, daar was elke paar minute afgekondig ons maskers moet op wees.

Ek verstaan ons moet mekaar konsidereer, maar met die inenting tot ons beskikking, voel ek elkeen kan self besluit hoe en of hul hulself wil beskerm.

ROELOF ·

En buite vliegtuig moet jy 2m afstand handhaaf. Binne vliegtuig is 2cm voldoende. Maak nogal sin nê?

Samuel ·

Dit is net so absurd in restaurante waar mense in elkgeval sonder maskers sit onder die voorwendsel dat hulle eet en drink.

Erik ·

Ek loop dikwels by die werk met ‘n leë koppie koffie rond, want dan kan ek my masker afhaal:-)

Rudolf ·

Almal het hul eie idees rondom die maskers. Persoonlik verpes ek maskers maar dra dit wanneer uithuisig agv wetgewing.
In lughawens moet jy ‘social distance’ handhaaf (met maskers) maar in vliegtuig word jy soos sardientjies ingeprop!
Tydens rugbywedstryde sit spelers langs die veld met maskers maar tydens speeltyd boer hulle in mekaar se gesigte!
By restaurante moet jy maskers dra maar haal dit af wanneer jy by tafel sit – uiteraard.
Hierdie hele masker ding is so ‘n ‘farce’ en lagwekkend. Dis eintlik pateties, net soos Gates, Fauci en mense soos hulle.

Alta Alleman ·

Ek is bly hy is afgegooi. Te veel mense dink Covid bestaan nie.

anniekiewiet ·

Ek dink ons almal besef al baie goed dat covid bestaan en oraloor aangesteek kan word, soos enige ander virus/griep siekte. Hierdie gaan oor maskers en die absurde geloof dat covid virusse weet om nie in n vliegtuig of by n restauranttafel te gaan pla nie.

Hendrik ·

Dis nie dat iemand glo covid bestaan nie, dis net so oordrewe ding. Hoekom sanitize jy wanneer jy by winkel ingaan en nie as jy uitgaan nie? Jy sprei nie die virus na produkte deur aan dit te vat nie. Jy kan dit bleikbaar optel as jy aan die besmette produk vat. Dus sou dit baie meer sin maak om te sanitize as jy uitgaan. Dis wanneer jy aan jou gesig vat om die masker af te haal. Die mense met die plastiek skerms voor die gesig is net so absurd. Hoe dink jy kom die lug agter die masker wat jy inasem. Die virus is nie geprogrameer om net in reguit lyne te beweeg nie.

Francois ·

Duidelik ‘n boks. Vierkant square, en ongelooflik dig…

Misky ·

Ek stem. Daar is mense wat met dunste stukkie lap loopen dis aanvaarbaar en haal maskers af as hulle eet en drink en hoes en proves vrylik. Belaglik man!!!

Oros Soros ·

Of ‘n mens daarvan hou of nie, dit is heel wettig in Suid-Afrika. Die vereiste is dat die neus en mond bedek moet word. Sien die Rampbestuurswet regulasies soos vervat in Staatskoerant 45253 van 30 September 2021 en gewysig deur Staatsloerant 45297 van 11 Oktober 2021. Regulasie 67. (1) lui soos volg “ For the purposes of these Regulations. a ‘face mask’ means a cloth face mask or a homemade item that covers the nose and mouth, or another appropriate item to cover the nose and mouth.”

Marius ·

Stadige dag in die nuus wêreld as ons in SA hieroor skryf

AH ·

Na my mening is die debat nie oor die doeltreffendheid van die masker nie, maar oor ‘n persoon wat verkies om ‘n punt te probeer bewys deur te maak asof hy bo die wette , wat vir almal bedoel is, verhewe is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.