Kyk: Oekraïne baklei terug

ʼn Brandstofbergingsfasiliteit in Belgorod, Rusland is gebombardeer. (Foto: Russian Emergencies Ministry/AFP)

Die Oekraïense magte het skynbaar besluit om Rusland vandeesweek te slaan waar dit seermaak deur ʼn brandstofbergingsfasiliteit in Belgorod, Rusland, te bombardeer.

Vyacheslav Gladkov, plaaslike goewerneur van dié Russiese dorp, het Vrydag die aanval bevestig. Dit is die eerste keer dat Oekraïne vir Rusland op eie bodem aanval. Oekraïense owerhede het egter nog nie sy betrokkenheid by die aanval bevestig nie.

“Daar was ʼn brand by die bergingsfasiliteit weens ʼn lugaanval wat deur twee Oekraïense weermaghelikopters uitgevoer is,” sê hy.

“Die helikopters het Russiese grondgebied op ʼn lae hoogte binnegekom.”

Nog geen sterftes is aangemeld nie, maar twee werknemers by die fasiliteit is wel weens die brand beseer.

Rosneft, ʼn petroleummaatskappy wat die fasiliteit besit, het aan die Russiese nuusagentskap, Tass, gesê hy het reeds die perseel ontruim.

“Rosneft se adjunk- uitvoerende hoof is na die toneel, waar hy met die ministerie van noodsituasies en betrokke wetstoepassingsowerhede sal saamwerk,” het ʼn woordvoerder gesê.

Volgens die ministerie spook talle brandbestryders om die brandende brandstof onder bedwang te bring sodat dit nie na naburige reserwes toe versprei nie.

Beeldmateriaal wat op sosiale media gedeel is, wys hoe ʼn rookwolk oor die stad hang terwyl die fasiliteit in vlamme opgaan.

Daar kon Woensdag ook reeds ontploffings vanaf ʼn wapenopslagplek in Belgorod gehoor word, maar owerhede het nog geen verduideliking vir die ontploffings verskaf nie.

Belgorod is sowat 40 km van Rusland se grens met Oekraïne geleë en sowat 80 km van die Oekraïense stad Kharkiv, wat sedert die aanvang van Rusland se inval in Oekraïne met Russiese magte oorweldig is.

Groot kommer heers oor die uitwerking wat die voortslepende konflik tussen dié twee lande op die wêreld se ekonomie gaan hê.

Brandstofpryse het reeds oor die hele wêreld die hoogte in geskiet, met vrese dat voedselpryse ook nou ʼn knou gaan kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Johan ·

Skielik is Rusland nie meer net op die aanval nie, maar moet hy op eie bodem ook begin verdedig. Weet nie veel van oorlog voer nie, maar soos dit vir my lyk het Rusland sopas agtergekom dat hy nie so “ invincible” is as wat hy dink nie.

Hennie ·

Russe en SA regwringsamptenare kan net lieg!… Geen vrede nie

Cherokee ·

Nou wie op aarde duimaf jou vir sinvolle kommentaar? Lockdown tye het sommige mense klaarblyklik aangetas.

Annelize ·

Maak vas julle gordels! Hier is die moeilikheid nou! Rusland stoomroller rustig voort, en skielik word hulle op eie voorstoep aangeval, hier kom ‘n ding!

Wessel ·

Waar was julle die afgelope agt jaar toe die Oekraïne 14 000 van hulle eie mense waaronder 2 000 vrouens en kinders gedood het?

Kalmkop ·

Gaan kyk gerus Igor Lopatonok, Oëkrainiese direkteur, in samewerking met Oliver Stone, Amerikaanse regiseer, se Ukraine on fire wat reeds in 2016/2017 uitgekom het…

Kalmkop ·

Of op YouTube, Grayzone se kanaal, onderhoud met “Former Pentagon advisor Col. Doug McGregor on Russian Ukraine war”

MT ·

@Wessel

Ek dink meeste van hulle was besig om saam met die Amerikaanse weermag na Sadam se Wapens van Massavernietiging te soek.

Ek geniet die kommentare baie. Nogal ‘n redelike akkurate manier om insig en onafhanklike denke te toets.

Human ·

Insig en onafhanklike denke? Droom voort. Pasop net dat jou droom nie in ‘n nagmerrie ontaard. Vol, vol van jouself!

Thom ·

En dit van ‘n waarskynlike ongeskoolde persoon wat nooit in die weermag was nie!?

MT ·

@Human

Ek geniet jou byderwetse kommentaar. Dis ‘n riem onder die hart, en so aan.

Cherokee ·

MT, in teenstelling.met Human, vind ek wat jy sê interessant, maar moet jou daarop wys dat onafhanklike denke bestaan nie in die kommentare. Tydens debatvoering praat mense graag soos papegaaie agter mekaar aan.

Human ·

Verkrampheid is ‘n nare gemoeds toestand en dan word die standaard van denke nie bokant die gemiddeld gestel.

Elize ·

Goeie taktiek. Nou moet hulle terugval en hulle eie bodem beskerm.

Julius ·

Neewat westerse propaganda, Oekrianë is byna heeltemal plat, nog net ‘n paar stede dan is Rusland se inval afgehandel. As Oekrianë Rusland aanval is almal in hulle maai in dan huil hulle weer by navo wat nie kan help nie. You go Putin.

Luister ·

Ja, jy is reg. Dit is heel waarskynlik ‘n “false flag” deur Rusland sodat hulle ‘n verskoning het om Oekraine nog platter te vee.

Swerwer ·

10 uit 10 vir die Okraine! Dit is al hoe mens die Kommunis kan terugbetaal vir hul gewetenlose optredes.

Kalmkop ·

En hier dog ek Rusland het in 1992 opgehou met kommunisme

Dries ·

Ek kan nie glo dat daar pro-Putin mense tussen ons is nie. Dink hierdie mense nie wat dit vir SA gaan inhou as ons Outoritere lande soos Rusland , Kuba, ens ondersteun nie. Ek huil hieroor

MT ·

@ Vriend Dries,

Meeste van jou kleding, verwerkte voedsel, boumateriaal, motorparte, vliegtuigonderdele, medisynes, rekenaars en selfone, televisies, ens. word in kommunistiese Sjina vervaardig of verwerk of aanmekaar gesit.

As jy bekommerd is oor die ondersteuning van internasionale kommunisme, sou ek voorstel dat jy saam met my – sover as moontlik – Westerse vervaardiging te ondersteun.

Dries ·

MT dit is presies hoekom ons is waar ons vandag is. Toe Zuma en Ramaphosa in die bed klim met BRICS toe vou ons SA besighede omdat als ingevoer word van hulle kommunistiese broers. As jy besigheid in die land wil bedryf moet jy dieselfde doen en backhands betaal

Kobus ·

Dries, ek moet bykans daagliks In die buiteland probeer verduidelik hoekom SA hul skaar aan die kant van lande soos Rusland, Kuba, Belarus ens. Ek verstaan die verband tussen die ANC, EFF en hul eertydse bondgenote, maar die gewone regdenkende SA ner se pro Putin gaan my verstande te bowe, meng jou met die semels van Putin, N Korea, Sirie en verwag dat die varke jou nie Sal eet nie. Dit gaan nie ongesiens verby nie, so SA moenie verbaas wees as dit negatiewe gevolge mee bring nie. Jy kan nie met die muishonde speel en dink jy gaan nie stink nie.

Martin ·

Ek hoop dat die lugaanval nie Moskou se vredesonderhandelinge met Kiev in gevaar stel nie…
Wat die Oekraïense helikoptervlieëniers betref wat laag en vinnig ingevlieg het om te verhoed dat hulle opgespoor word deur militêre radar en lugverdedigingstelsels wat skaars meters bokant die boomtakke en telegraafpale gevlieg het na hulle teiken, dit is verstommend dat hulle so ‘n operasie uitgevoer het! Om in die nag tot ver in Russiese grondgebied te vlieg om ‘n aanval op ‘n vyandige brandstofdepot te loods, sou buitengewone dapperheid vereis het – sowel as goeie vliegvaardighede. Hierdie “beweerde aanval” alleen sal nie die geveg dramaties verander nie. Maar dit kan wys dat Oekraïne daarin geslaag het om sy lugmag aan die gang te hou en ‘n groot hupstoot gee aan die moraal van Oekraïne se weermag.

Dewald ·

Ek lees gereeld hoe pro-Putin lesers kommentaar lewer op Oekraine se rekord rakende die Donbas streek, sowel as hulle vlakke van korrupsie. Dit is waar, hulle is nie engeltjies nie, die regering en die president van daardie land het vlekke op hulle rekord.

Ek verstaan egter nie hoe hierdie 2 sake enigsins die oorlog regverdig nie. Rusland se motivering vir oorlog het min te doen met die Donbas (‘n poging om die land te “demilitariseer” gaan nie die saak oplos nie) en dit regverdig ook nie die vernietiging van woonstel geboue, hospitale en huise nie.

Nog minder kan ons Oekraine se korrupsie rekord aanhou uitwys wanneer iemand ‘n pro-Oekraine opinie lewer. Dit is glad nie ter sprake nie, en is beslis geen regverdiging vir wat tans afspeel nie.

TO ·

You go Ukraine. Putin het gedink hulle gaan net roll over en play dead speel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.