Kyk: Ou videospeletjie verkoop vir rekordprys

Dié speletjie is aanvanklik in 1996 vervaardig. (Foto: Heritage Auctions)

ʼn Verseëlde kasset van Nintendo se bekende Super Mario 64-speletjie is Sondag vir ʼn rekordprys van $1,56 miljoen verkoop. Dit is meer as R22 miljoen.

Dié speletjie, wat aanvanklik in 1996 vervaardig is, is die eerste een van sy soort wat vir meer as $1 miljoen verkoop is.

Heritage Auctions in Dallas, Texas, wat die verkoop daarvan behartig het, het gesê die speletjie het die hoogste gradering van ʼn voormalige topverkoper ontvang.

“Dit is die enigste gegradeerde kasset met ʼn gradering van 9.8 A++. Dit is die hoogste graad wat ʼn videospeletjie kan behaal,” het Valarie McLeckie, videospeletjie-spesialis vir Heritage Auctions, gesê.

Die Super Mario 64-speletjie se rekordverkoopprys volg net twee dae nadat ʼn verseëlde kasset van The Legend of Zelda ook vir ʼn rekordprys verkoop is. Dié speletjie is vir die ou Nintendo NES-konsole gemaak en is enkele dae gelede vir $870 000 verkoop.

“Nadat The Legend of Zelda Vrydag verkoop is, het ons geensins gedink dat nóg ʼn videospeletjie meer as $1 miljoen sal haal nie. Ons was redelik geskok toe Super Mario 64 vir so ʼn enorme prys verkoop is.

“Ons is trots daarop om deel te wees van dié historiese gebeurtenis,” het McLeckie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.