Kyk: Pastoor sê vroue moet ‘maer’ wees sodat mans nie rondloop

Pastoor Stewart-Allen Clark. (Skermgreep van video)

“Vroue, hier is wat jy van mans moet weet. Moenie hom ʼn rede gee om rond te kyk nie.”

Só sê pastoor Stewart-Allen Clark van die General Baptist Church in Missouri in die VSA in ʼn preek wat regstreeks uitgesaai en op Facebook gedeel is. Die preek het sedertdien soveel negatiewe reaksie uitgelok dat die pastoor volgens die kerk se webtuiste op spesiale verlof geplaas is.

“Hoekom laat vroue hulself so dikwels gaan nadat hulle getrou het? Ek sê nie alle vroue kan ʼn trofeevrou soos Melania Trump [oudpres. Donald Trump se vrou] wees nie. Nie almal lyk soos sy nie. Maar jy hoef ook nie mannetjiesagtig te wees nie,” sê hy in sy preek wat in Februarie opgeneem is.

“Die eerste ding wat ek vir ʼn paartjie sê wanneer hulle in my kantoor sit vir huweliksberading, is dat die vrou haar gewig onder beheer moet kry. Grimering en parfuum is ʼn goeie ding. Jy wil nie lelik wees en stink nie.” Hy ontmoedig vroue ook om plakkies, pajamas en sweetpakke te dra.

Die pastoor, wat self lyk of hy ʼn paar kilogram kan afskud, het intussen op die kerk se webtuiste hiervoor om verskoning gevra.

“Aan al die vroue van die kerk, in die gemeenskap en dié wat na ons regstreekse uitsendings kyk, wil ek sê ek is werklik jammer vir enige pyn of ongemak wat my woorde veroorsaak het. Ek wil ook vir die kerk jammer sê dat ek jou in die verleentheid gebring het,” lui sy verklaring.

Luidens die verklaring is hy sedert 28 Februarie op spesiale verlof geplaas en spreek hy gereeld ʼn professionele berader.

Die kerk het ook die pastoor se optrede veroordeel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

55 Kommentare

jongste oudste gewildste
Riana

Ag né… maybe moet hy na homself in spieel kyk…. seriously …. dit is hierdie tipe mense wat veroorsaak dat ons kerke leeg is…..

Sarel

Ag ja…….in SA gebeur erger dinge

Johan

“Vrouens julle mag nie vet word nie!”… Lyk soos karatie Kallie.

Carina

Ag please. Jy is nie vd maerste. Of is dit net dik mans wat dit mag sê

Mariana

Hy hoort nie op verhoog om vir ander te preek nie. Daar is baie redes vir man of vroue om buite hul huwelik “rond te loop”. Miskien is daar gevalle waar mans rondkyk vir daai rede. Een keer ‘n verneuker altyd ‘n verneuker en hulle sal altyd redes hê daarvoor. Party mense kan maar net nie getrou bly nie, ongeag hoe vrou/man lyk. Die pastoortjie is self ook nie te maer nie en sy mond heeltemal te vinnig vir sy brein.