Laaste 9/11-reddingshond sterf

Bretagne en haar eienaar, Denise Corliss Foto: CFVFD, Facebook

Bretagne en haar eienaar, Denise Corliss Foto: CFVFD, Facebook

ʼn Hond wat deel was van die soek- en reddingspan ná die aanvalle op 11 September 2001 by die Wêreldhandelsentrum in New York, is Maandag dood.

Bretagne is in die ouderdom van 16 deur haar eienaar, Denise Corliss, van kant gemaak nadat Denise besef het Bretagne is siek.

Bretagne was die oudste oorlewende hond wat ʼn lid was van die die reaksie-eenheid vir die 9/11-aanvalle. Sy het ook tydens orkaan Katrina gewerk.

Ná haar aftrede op 10-jarige ouderdom, was sy ʼn ambassadeur vir die CY-Fair vrywilligersbrandweer (CFVFD) in Houston, Texas, en het ander honde met hul opleiding bygestaan. Sy het ook gereeld ʼn laerskool besoek waar sy na kinders gesit en luister het wat hul leeswerk gedoen het. Sy het ook leerlinge met spesiale behoeftes, soos outisme, besoek.

“Dit is met ʼn swaar hart wat die CFVFD ons geliefde Bretagne groet,” het die brandweer op sy Facebook-blad geskryf. “Bretagne het in 2000 as volwaardige lid by die CFVFD aangesluit en was een van die eerste lede van die honde-eenheid. Sy en Denise het dadelik reageer ná die aanval op 11 September.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Duitswes ·

Vrinne, vir die van jul wat nog nie die “Gebed van ‘n Hond” gelees of gehoor het nie; beveel ek dit ten sterkste aan en dan sal jul deur dieselfde hartvenster na jul getroue vriend kyk en hom / haar met meer liefde bejeen. My saluut gaan aan nog ‘n getroue K9-stryder !

Nellie ·

Waar kan ek die “Gebed van ‘n Hond” kry om te lees?
Laat weet my asb.
Dankie

Duitswes ·

Nellie, jy behoort dit nog by die SANW & SAPD Honde-opleiding Inrigtings kry want dit was in die vroee 80’s deel van die oggendparade. Enige oud honde instrukteur of hanteerder van die twee magte kan dalk gou vir Nellie en ander lesers uithelp?

vermeende ·

Ek is stom geslaan. Stel ons nou diere gelyk aan die mens?
Mens sterf en dier vrek!
N dier het n karkas en n mens n lyk wanneer die lewe verlaat het.
Ons almal het ons diere lief maar noem dit wat dit is.

Christo Visagie ·

vermeende,,,,,,,,,,,,,,,,,Diere is nie gelyk aan mense nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,hulle is VêR bokant mense,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

André ·

Vermeende
Ry jy ‘n dier dood?….. Of ry jy ‘n dier vrek?
Paulus sê in die Woord dat die mens en die dier het dieselfde lot. Ek sê maar net.

André ·

Vermeende
Ry jy ‘n dier dood of ry jy hom vrek?
Paulus sê in die woord van God dat die mens en die dier het dieselfde lot.
Ek sê maar net.

Sarie ·

Vermeende, my diere is my kinders. Ek behandel net soos my kinders behandel word, hulle haal ook mos asem, het ook bloed in hul are en het ook ‘n siel. My honed kry getenktekentjies in my tuin wanneer hulle doodgaan.

Nico ·

Altyd hartseer om ‘n dierevriend aan die dood af te staan.

Veritas ·

Swak Afrikaans Maroela. ‘n Hond sterf nie en eet ook nie. Hy vrek en vreet.

Karma ·

Geen meegevoel of dankbetuiging vir dier en mens wat hul leeftyd, of ten minste ‘n goeie deel daarvan, ten geode aangewend het nie, vermeende & Veritas? Sterf/afsterf/heengaan vs. vrek/doodgaan/genadedood of eet/verbruik/verteer/vreet – wat maak dit saak? Miskien moet julle dankie-sê/dankbetuiging toon teenoor mense/humanitêre wesens en honde/canines wat hul lewens/bestaan om ander mense/humantêre wesens te help/bystand te verleen aan ……….

Wat-ek-lees ·

Denise, deur jou siek vriend te verlos van ‘n lyding het jy bewys hoe ontsettend lief jy was vir die hond. Mens moenie dink dat dit altyd so is dat om jou beursie leeg te maak ‘n bewys is van liefde. Moenie jou selfsug en verwronge idee van liefde op ‘n weerlose siek dier te wil toepas want dit is sonde.

MCS ·

Die eienaar het die hond “van kant gemaak”! Dis so kras gestel en gee my nie die idee dat sy nie baie “caring ” is nie! Kon maar gese het teruste gele!

Nadia Verster ·

Ek stem volkome saam met jou, MCS.
Jy vat die woorde so uit my mond uit.

Francie ·

Janee, gevaarlike en lewensbedreigende diere word vakant gemaak, nie’n hond met wie jy ‘n kosbare verhouding gehad het nie. Om hulle lewe te laat beeindig ( genadedood by ‘n veearts ) is ‘n bitter hartseer besluit wat jy met jou verstand neem, nie met jou hart nie!

Gesiggie ·

Ek wil sommer net weer huil. as ek die berig lees, net gister het ek n Video gekyk van n hond, wat ook opgelei was deur n sekere man, en n hegte band met hom gehad het, toe sterf sy baas in n ontploffing… en om te sien hoe die hond treur oor daai baas, was net weereens n bewys, n Hond is n mens se beste vriend… so jammer dat Bretagne siek moes word… kan net dink hoe Denise moet voel… RIP Bretagne….

Zbc ·

Ongeag watter term gebruik is vir die hanteerder wat uit liefde die dierekind se lewe moes beëindig, die kern van die mooi verhaal bly dat Denise die woefkind vertroetel en liefgehad het tot die einde toe. Rus in vrede woefter. Jy het jou engelvlerkies lankal verdien. As mense ook net so onvoorwaardelik lief kon gehad het, sou die wêreld ‘n baie beter plek gewees het……

Tarina ·

Siestog dit is baie hartseer – om n beste vriend te verloor is nie altyd maklik nie.. Dankie dat jy so mooi jou hond gekyk het. Hoop dit gaan beter met jou ook. Rus in vrede Bretagne. Sterke Denise

Anoniem ·

Lees die ware verhaal van Hatchiko die hond waar die japanners n brons beeld opgerig het wat vir nege jaar elke dag vir sy oorlede eienaar se terugkoms gewag het. Daar was dus n meer getroue hond as wat meeste mense ooit sal wees. Hatchi ek saluut jou getroue mense vriend.

Anita ·

Ek het die movie gekyk. En alhoewel dit ‘n baie goeie / goed gemaakte verhaal is, wil ek dit nooit weer sien nie. Dit is net eenvoudig te erg.

Justa ·

Ek glo dat alle diere direk hemel to gaan. Hulle hel is op hierdie aarde veroorsaak deur die mens se houding teenoor hulle en hoe meeste van hulle behandel word. RIV liewe Bretagne.

vermeende ·

Nou moet julle slim mense my help asb, wat is die regte manier om dit te stel.
Die hond is uitgesit en nie teruste gele nie soos een persoon bo se.
Wag ek moet wikkel, moet nou 300 hoenders gaan vermoor of is dit nou teregstel sodat baie mense kan vreet.

Connie ·

Dis arme Denise wat agterbly wat die swaarste kry. Die band tussen hond en geleider is net so heg soos ouer en kind. All of the very best Denise. Vasbyt soos ons hier in SA se vir swaardinge.

Justa ·

Hier is die volledige Hondegebed :

O, Skepper van mens en dier,
Maak my baas getrou aan sy medemens, soos ek aan hom is.
Skenk hom die toegewydheid aan sy familie en vriende, soos ek aan hom is.
Mag hy openlik en opreg wees, soos ek is.
Mag hy opregte vertroue in my he soos ek aan hom getrou is.
Gee aan hom n vrolike voorkoms, net soos die waai van my stert.
Gee aan hom n gevoel van dankbaarheid, net soos die lek van my tong.
Vul hom met geduld. Net soos myne wat sy voetstappe verwag vir ure sonder om te kla.
Vervul hom met waaksaamheid, my moed en my bereidwilligheid om gerief en selfs die lewe op te offer.
Hou hom altyd jonk van gees en volop lewenslus net soos ek is.
Maak hom n goeie man soos ek n hond is.
Maak hom waardig, sy hond.

Met vergunning van die SAW Hondesentrum.

Grant ·

En hier sit ek en dink “van kant gemaak” is erg gestel, maar kyk ek na vermeende en Veritas se kommentaar is “van kant gemaak” musiek in my ore. Vir my is baie diere en nie uitsluitlik honde – vêr verhewe bo mense. Ek kan aan ‘n hele paar voorbeelde dink van sogenaamde mense wat eerder kan vreet en vrek as eet en doodgaan. Die Engelse stel dit beter: “PTS – put to sleep”. Klink dit nie meer rustig en gepas as “laat uitsit” nie?

Gesiggie ·

P.J Ek het net gister weer gedink aan daai fliek, vir my die beste ooit… lanklaas in my lewe gesnik soos ek huil” terwyl daai hond sit en wag….maar sy baas daag nie op”’dit was so hart verskeurend”’ … Justa, dankie vir daai Honde gebed… dit is Owsome”’ ek wil sommer net weer begin huil… ek moes my liefde volle hondjie weg gee a.g.v omstandighede, en ek mis hom so baie… ai al die liefde wat hy aan my openbaar het… en elke aand lekker warm onder die kombers teen sy baas geslaap het… glo hy word nogsteeds goed versorg… (^_^)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.