Laaste Titanic-brief haal rekordprys

Die laaste brief wat op die Titanic geskryf is

Die laaste brief wat op die Titanic geskryf is

Die laaste brief wat op die Titanic geskryf is, is Saterdag teen £119 000 (sowat R2.1 miljoen) op ʼn veiling verkoop, berig RTE.

Esther Hart, een van die oorlewendes, het die brief agt ure voordat die skip op 14 April 1912 ʼn ysberg getref en gesink het, geskryf. Die brief het slegs behoue gebly omdat dit in haar man se baadjiesak was wat hy aan haar gegee het om haar warm te hou.

Die brief is geadresseer aan haar ma in Chadwell Heath in die ooste van Londen.

Wiltshire-afslaers het die brief Saterdag by ʼn veiling van Henry Aldridge & Son verkoop.

Hart het geskryf hulle het ʼn “wonderlike reis”. Sy sê hulle sal waarskynlik vroeg in New York aankom danksy die spoed wat die skip handhaaf. Haar man Benjamin het saam met meer as 1 500 mense in die ramp omgekom.

ʼn Spyskaart van die dag van die ramp is vroeër vir £76 000 verkoop en ʼn viool, wat bespeel is terwyl die skip gesink het, is vir £900 000 verkoop. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.