Laboratorium-apies ontsnap ná ongeluk

Argieffoto (Foto: André Ueberbach via Wikimedia Commons)

Vier apies het in Pennsilvanië in die VSA ontsnap toe ʼn vragmotor wat 100 apies na ʼn laboratorium vervoer het, in ʼn ongeluk betrokke was. Die polisie het ʼn soektog van stapel gestuur en die publiek gemaan om nie die diere te nader nie.

Die vragmotor, op pad na ʼn laboratorium, het Vrydagmiddag in Danville teen ʼn vullisverwyderingsvoertuig gebots.

Die polisie het op Twitter gesê “vier apies het van die ongelukstoneel in die omliggende gebied ontsnap”. Drie is later aangekeer, maar teen Saterdagoggend was een nog op vrye voet.

Die plaaslike WNEP-nuuswebwerf sê ʼn polisiehelikopter met hittekameras is gebruik om die makaak-apies te vervoer. Beamptes op die grond het skerp flitsligte gebruik.

Die polisie in Pennsilvanië het ʼn foto vrygestel van een van die apies wat in die ysige koue in ʼn boom naby Route 54 geklouter het. ʼn Verslaggewers het gesê polisiebeamptes het die apie omring voor skote met ʼn onbekende wapen geskiet is.

“Jongste: Daar is nog steeds een apie wat vermis word. Ons versoek dat niemand ʼn poging aanwend om na die dier te soek of hom te vang nie,” het die polisie Saterdagoggend op Twitter gesê.

Makake kan tot $10 000 (ongeveer R150 000) kos en is groot in aanvraag vir navorsing oor koronavirus-entstof, aldus die New York Times. Hulle kan tot 30 jaar oud word in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

E ·

Die aap is uit die kas? Hy bestuur soos ‘n aap? Kan net nie help om te lag nie. Ek het ‘n idee aap se kind gaan 30 jaar lekker leef in USol’A, genoeg “scraps” om te kry

Carolina ·

Sou wou gehad het dat almal van hierdie hel laboratoriums moes ontsnap!!! Ons leef in 2022 en diere word gruwelooslik mishandel in hierdie nazi kampe, tyd geword dat al hierdie plekke toegemaak word of mense wat bereid is om al hierdie gruwel dade op hulle uit te voer in plek van ons diere te offer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.