Lady Gaga kanselleer konserte oor ‘erge pyn’

Lady Gaga by die 60ste jaarlikse Grammy-toekennings (28 Januarie 2018, New York) Foto; Evan Agostini/Invision/AP

Die popster Lady Gaga het haar oorblywende konserte van haar huidige wêreldtoer in Europa gekanselleer weens “erge pyn”.

“Lady Gaga beleef ongelukkig tans erge pyn wat haar vermoë om op te tree, beïnvloed,” het Live Nation, die ster se toermaatskappy, Saterdag in ʼn verklaring gesê.

“Ek is platgeslaan, ek weet nie hoe om dit te beskryf nie,” het Gaga in die verklaring, wat op Twitter gepubliseer is, gesê.

“Al wat ek weet is, as ek dit nie nou doen nie, dan doen ek nie gestand aan die woorde of betekenis van my musiek nie. My mediese span ondersteun die besluit dat ek by die huis moet aansterk,” het die 31-jarige bygevoeg.

Lady Gaga sou nog 10 konserte hou in Engeland, Switserland, Duitsland, Swede, Denemarke en Frankryk as deel van haar “Joanne”-wêreldtoer.

“Ek moet nou myself en my gesondheid eerste stel,” het sy gesê.

Lady Gaga is in September na ʼn hospitaal geneem, ook met “erge pyn”. Sy het in daardie stadium ʼn konsert in Rio de Janeiro gekanselleer.

Die sangeres, wie se regte naam Stefani Germanotta is, ly aan fibromialgie, ʼn chroniese siekte wat erge pyn in die hele liggaam veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

amelia ·

Ek ken die styd. En in SA erken hul dit nie vir ongekikteheid of die fondse erken dit nie vir medikasie ne. Dit is n erge styd van dag tot dag en dit nog met kroniese diabetes van 28jaar saam dit.

Helen ·

Ek het dit ook en om party dae net te kan opkom is erg en om werk toe te gaan. Wat nog konserte hou?

En ja SA en ons mediese skemas wil dit nie erken as n siekte nie, en het geen idea hoe erg dit is nie. Ek gun dit nie eers vir my vyand nie….

Leeutjie ·

Die pyn is in elke deeltjie van die liggaam. Pynpille help nie. Dit vererger net!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.