Die BBC se vlagskip-motorprogram, “Top Gear” het sy jongste seisoen op ʼn laagtepunt geëindig.
Die program se nuwe aanbieders, Matt LeBlanc en Chris Evans, kon nie ʼn impak maak op kykers nie en statistiek wys Sondagaand se program het slegs 1,9 miljoen kykers gelok.
Die program het in Mei ʼn nuwe baadjie aangetrek ná Jeremy Clarkson, Richard Hammond en James May die program verlaat het. Die drie bekendes het gemiddeld 5,8 miljoen kykers per program gelok. Hulle is intussen met verfilming vir ʼn nuwe motorprogram op Amazon Prime waarvan die eerste program in Suid-Afrika verfilm word.
Dit is ook moontlik dat Sondagaand se lae kykergetalle toegeskryf kan word aan die Euro 2016-sokkerwedstryd tussen Frankryk en Ysland.
Sommige kritici meen egter veranderinge is nodig indien die program weer sy gewildheid wil terughê.
Intussen het Chris Evans op sosiale media bevestig dat hy die program verlaat. “Ek gaan weg by Top Gear. Ek het my bes probeer, maar soms is dit nie goed genoeg nie. Die span is verby briljant, ek wens hulle alles van die beste toe.”
Hulle kan maak wat hulle wil, geen Top Gear program, sonder die Jeremy Clarkson span, sal ooit suksesvol wees nie. Dit is ‘n feit soos ‘n koei!
Stem 100% saam.
Stem saam. BBC het ‘n fout gemaak om van Clarkson ontslae te raak.
Wat is Top Gear? Is dit iets soos 7de Laan?
@Cherokee – in Clarkson se tyd was TG ‘n program met ‘n spul ou testosteroon-belaaide ou manne wat “wanna-be-jong-latte” gespeel het terwyl hulle hul klein seuntjie-drome van rondjaag in opgewarmde motors en nuwe toets-model motors uitgeleef het. Jy het in elk geval nie veel gemis as jy dit nie gekyk het nie.
Dankie vir die vertel wat dit is Karma en Leon. Dit was wel tong in die kies gevra met ‘n spotverwysing na 7th Avenue maar die waarheid is dat ek werklik nie weet wat dit is nie. Ek kyk na die 7nm nuusbuletin en weervoorspelling en by enkele uitsondering na NatGeo Wild programme. Ek kyk nie TV nie en ek kyk en lees nie fiksie nie. Het meer plesier op rekenaar.
Betreffende die sepies, eendag het ‘n leser in die briewekollom van ‘n tydskrif geskryf dat sy 3 maande oorsee was, terug gekom het ‘n selde sepie verder gekyk het en daar was geen gaping nie. Sy sy het niks gemis nie.
@Karma
TC was elke man se droom. Jy sit met i smile op jou bakkies voor di Tv en wens jy is i “Jeremy, en kie!!….
Hulle jaag met karre wat ons net van kan droom. Elke ou in di lewe het i droom. Myne is om i TC aanbieder te wees en duisende ponde per program te verdien en dit te doen waarvoor ek lief is!. Enige man se droom!!
Ons sal jou verskoon Cherokee. Ek stem Top Gear was Top toe die ou garde die program aangebied het.
Ja nee BBC gaan Jeremy Clarkson en kie se verlies deeglik voel.Daai drie was onverbeterlik en het ‘n motor program omskep in iets baie besonders met hulle bestuursvernuf en Britse humor deurentyd.Dit WAS ‘n puik program met hulle drie daarin .Ek voel jammer vir die’ wat in hul spore probeer volg.Die val in kykers getalle wys al klaar dit werk nie.
Jeremy Clarkson en sy span is Top Gear, jy kan nie vir ‘n Tata bakkie ‘n VW embleem op sit en dit verkoop as ‘n Amarok, kykers (kopers) is nie dom.
BBC het ‘n duur prys betaal om van Jeremy ontslae te raak.
Ja nee kyk, as n man n stukkie ‘steak’ wil he…
Almal kry ‘n af-dag. Die afdanking was ‘n klug van die begin. Red die wat te redde is, vra om verskoning aan mekaar en begin weer oor waar dit laas opgehou het. Net die groot drie kan dit nog beredder. “Kiss and make-up”!!!!!
Ag tog mense moet ophou vergelyk. Dis altyd so met nuwe aanbieders en ek moet s♪ ek het nogals gelag vir die nuwe klomp se dinge. Mens moet net afskakel en vergeet daar was die ander ou manne dan is dit maliker om daarvan te hou. Dis soos toe Schumie ophou jaag het – toe was dit lank net nie meer lekker nie maar dan aanvaar mens die nuwe ouens en gaan aan! 1,9 Miljoen kykers is na my mening baie! Maar nou-ja daar sal ook seker altyd die ou kermkouse wees ne!
Wat ‘n klomp suurknolle wat kommentaar lewer!