Lance Armstrong sy Franse eretitel kwyt

Lance ArmstrongDie onteerde Amerikaanse fietswedrenjaer, Lance Armstrong, is die ere-toekenning van Ridder van die Franse ‘Legion d’Honneur’ kwyt.

Die ‘Legion d’Honneur’ is in 1802 onder die bewind van Napoleon ingestel, en sowat ‘n miljoen mense is reeds met ridderskap beloon. Armstrong het sy ridderskap verkry weens sy sewe oorwinnings in die Tour de France. Hy is sedertdien weens ‘n dwelmskandaal van al sy titels gestroop.

Bronne: AP, Trouw, CTV News

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.