Langslewende Siamese tweeling sterf

Donnie (links) en Ronnie Galyon. (Foto: Drew Simon/Dayton Daily News via AP, File)

Die wêreld se langslewende Siamese tweeling is in die ouderdom van 68 dood.

Ronnie en Donnie Galyon van Beavercreek in die Amerikaanse deelstaat Ohio is op 4 Julie dood.

Die tweeling wat aan die maag verbind was, is op 28 Oktober 1951 gebore. Hulle is met vier arms en vier bene gebore, aparte harte, longe en mae, maar met een dunderm.

Die broers is in 2014, kort voor hul 63ste verjaardag, deur Guinness World Records as die oudste Siamese tweeling aangewys.

Hulle het as kinders by karnavalle en in sirkusse opgetree om hul gesin se inkomste aan te vul. Die broers het egter in 1991 uit die kollig getree en tot in 2010 alleen gewoon voordat gesondheidsprobleme hul genoop het om by familie in te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leon ·

Vir wie? Moeilike vraag. Maar as jy hulle sou kon vra is seker hulle sou ja antwoord. Lewe is altyd die moeite werd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.