Las Vegas-skietery: Dodetal styg skerp

Noodpersoneel behandel mense wat gewond is nadat ʼn skieter op konsertgangers by ʼn musiekfees in Las Vegas losgebrand het (1 Oktober 2017). Foto: Chase Stevens/Las Vegas Review-Journal via AP

Minstens 20 mense is dood en meer as 100 beseer tydens die opspraakwekkende skietvoorval Sondagaand by ʼn Las Vegas-buitelugmusiekfees in die VSA.

Die plaaslike polisie het intussen bevestig dat ʼn verdagte vasgetrek is op die 32ste verdieping van die Mandalay Bay Hotel and Casino oorkant die straat van waar die musiekkonsert gehou is. Die verdagte is glo doodgeskiet.

Joseph Lombardo van die Las Vegas-metropolisie het tydens ʼn mediakonferensie gesê die verdagte is ʼn plaaslike inwoner wat vermoedelik alleen vir die skietery verantwoordelik was. Die polisie het gesê hulle is wel op soek na ʼn Asiatiese vrou wat die man vergesel het.

Die polisie het gesê gerugte van nog skietvoorvalle elders op die bekende Las Vegas-strook is nie waar nie. Die polisie het bevestig twee van die oorledenes was polisiebeamptes wat nie ten tyde van die skietery aan diens was nie.

Die skietvoorval het by die drie dae lange Route 91 Harvest-fees gebeur, ʼn geleentheid wat deur duisende mense bygewoon is. Kunstenaars wat by die fees opgetree het, sluit in Eric Church, Sam Hunt en Jason Aldean. Volgens mediaberigte was Aldean omstreeks 22:45 op die verhoog toe die skieter losgebrand het, maar Aldean is vinnig van die verhoog af na veiligheid gehaas. CNN berig al die kunstenaars is veilig.

Mense hardloop weg op die toneel waar ʼn skieter op konsertgangers by ʼn musiekfees in Las Vegas losgebrand het (1 Oktober 2017). Foto: Chase Stevens/Las Vegas Review-Journal via AP

Aldean het intussen op sosiale media die voorval as “gruwelik verby” beskryf.

ʼn Ooggetuie op die toneel het aan 20 Minuten, ʼn Switserse nuusagentskap, gesê sy was in haar hotelkamer toe sy skote van ʼn masjiengeweer gehoor het wat “minstens 20 minute lank geduur het”. Die polisie het egter gesê die skietery het ongeveer twee minute lank geduur.

“Die polisie het vir ons gesê om in ons kamer te bly, ons skoene uit te trek en die deure te sluit,” het sy gesê. Helikopters het om die hotel gevlieg, terwyl polisiebeamptes die gange deursoek het. Die vrou het gesê hulle is opdrag gegee om stil in die hotelkamer op die vloer in die donker te wag op ʼn moontlike opdrag om die hotel te ontruim.

Die polisie het nog nie die verdagte se naam bekendgemaak of enige inligting rakende die motief vir die skietery gegee nie. Owerhede het wel gesê die verdagte is volgens inligting nie aan enige militante groepe verbonde nie.

Nietemin herinner die voorval aan die massa-skietvoorval van November 2015 toe 89 mense by ʼn rock-konsert in Parys doodgeskiet is tydens ʼn aanval wat deur Islamitiese militante georkestreer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jakalas ·

‘n Baie goeie vriendin van my het familie en vriende daar. Sy het my laat weet dat 2 van haar vriendinne raak geskiet is, maar niks erenstig nie. ‘n Ander vriendin van haar se man is erensig gewond en moes hospitaal toe gejaag word vir nood operasie, maar hy gaan dit darm maak. My Vriendin is histeries oor die voorval. Darm het haar familie niks oor gekom nie (hulle was ook daar). Baie vreeslike voorval.

maria ·

Trump moet almal keer wat in die US wil ingaan – dit gaan nog in Duitsland ook gebeur en is besig om te gebeur – onthou verlede jaar se aanval op ‘n Kersstalletjie net voor Kersfees.

MissDemeanor ·

Spring lekker tot gevolgtrekkings ne? Die was geen Moslem-terorris nie. Die was n wit Amerikaner. Die van julle wat glo alle Moslems is n moontlike bedreiging en hul bewegings oor grense moet ingeperk word kyk nou op jul neuse. Of gaan jul nou jul deuntjie verander na “wit Amerikaanse mans met te veel gewere is ‘n gevaar vir ander”?

Danie ·

Ongelukkig blyk dit toe waar te week ISIL (iSIS) het trots erken dat Stephen 12 maande gelede by hulle geledere aangesluit het. Verder was Stephen ook ‘n trotse ondersteuner van die demokratiese party. Ek dink die demokrate het hulle ontevredenheid te ver gevoer. Hulle moes ‘n week of twee lank betoog het en toe maar gewag het tot die 4 jaar verby is. Tans is hulle besig om beide hulle voete vol gate te skiet.

MissDemeanor ·

Danie…die FBI het gese dat dit nie met ISIS verbind is nie. Natuurlik wil ISIS gebruik maak van die gratis reklame. Hul wil krediet kry vir iets wat hul nie gedoen het nie.

Rainbow ·

Dit is oppad na die hele Europa. Ek voel baie jammer vir hierdie mense. Ek ondersteun Trump 100% alhoewel baie liberales hom haat en baie slegte dinge van hom te sê het. Vreemd dat die konserwatiewes nie teen Obama opgestaan het en hom hel gegee het soos wat die liberales nou vir Trump gee nie. There is method in his madness. Die Hele EUROPA is under siege .. die aanvalle gaan daar (soos hier) net meer word .. hulle het te lank met oogklappe aan geloop en almal verwelkom .. RAINBOW NATION!

Spook ·

Ek moet saam jou stem, dit gebeur te veel wereld wyd om net te se dit is toevallig, ons weet wat hulle nou eers gaan uitvind. Baie jammer aan almal wat betrokke was.

Karma ·

Julle, vergeet van wat in die VSA en Europa aangaan – kyk wat gaan hier in SA aan!!!! 11 Mense oor die naweek in Marikana-buurt in die Kaap geskiet (ook by ‘n taverne). Hoeveel wit boere word nie DAAGLIKS vermoor ‘n volksmoord teenoor blanke Afrikaans-sprekende mense nie? Hoeveel ANC-lede is nie nou al in die tussen-faksie gevegte in die ANC gedood nie? Ek wonder wat knak in iemand se kop (nogal ‘n 62-jarige ‘bejaarde’, soos RSG die oom beskryf) dat hy ‘n semi- of outomatiese vuurwapen opneem en blatant onskuldige mense by ‘n opelug musiekfees skiet? Of was die musiek dalk net nie na sy smaak nie of dalk te hard? Eish ……………

MissDemeanor ·

Wat bedoel jy dat dit oppad na Europa is Rainbow? Bedoel jy nog wit mans met gewere, of wou jy Moslems blameer? Mens moet nie veralgemeen nie.

LBS ·

Snaaks, ek het ook al gewonder of hy nie keelvol geraak het vir die lawaai nie. Drie dae-lange fees kan sommige mense oor die drumpel stuur. Ek praat sy gedrag geensins goed nie!

Lientjie ·

Volgens Netwerk24 @13.32 was die dodetal alreeds op 50 gewees.

Gerrit van Wyk ·

Gebeur elke liewe dag met ons Boere hier is Suid Afrika. Wonder of dit ook voorblad nuus is in die Buite land. Ek twyfel

Andre ·

Gerrit moet nou nie buitensporig kom raak nie. Ons is almal besorg oor plaasmoorde maar kom vertel bietjie vir ons wanneer is daar op een enkele geleentheid meer as 50 boere gedood en meer as 100 gewond.

MissDemeanor ·

Gerrit, die +200 studente wat 2 jaar gelde op n universiteit kampus in Kenia affemaai is het ook nie veel aandag gekry nie.

MissDemeanor ·

Oeps ne Lizl? Donald Trump moet dalk eerder dink oor die vuyrwapen beleid in sy land. Geen goeie rede dat iemand meer as een automatiese vuurwapen hoef te besit nie.

Josua Keys ·

My hart gaan uit na die mense wat met hul lewe geboet het dit is so sineloos en wreed om sulke dinge te ervaar en deur te gaan, alle simpatie aan die families wat die trauma moes deurgaan. Ons lewe in die laaste dae liewe mense, die tekens is daar, die jonger generasie van die 20ste eeu sien met die oog maar verstaan nie meer uit die hart nie, politiseer jy die Woord van God gebeur die dinge met ons, skryf jy die Woord van God uit jou konstitusie gaan dit gepaard met geweld, hou jy dit uit jou land se leerstellings word alles en almal om jou verwoesen verpletter. Jong mense staan in rye by Universiteite as daar ‘n spreker kom praat oor die Woord van God want hulle soek antwoorde, die antwoorde wat hul op hul selfone, sosiale media, koerante ens kry maak hul koppe deurmekaar want dit is die onwerklike waarheid want die antwoord is gewoonlik wie verregs en wie verlinks is maar niemand van hulle vra God meer vir antwoorde nie daarom is daar n toename in dwelm gebruik, selfmoord, verkragting, ongewenste swangerskap, egskeiding en so kan ek aangaan. Mense die tyd het aangebreek dat ons weer besef waarom Jesus vir ons gesterf het en waarom Hy as mens(Liggaam) en Gees opgestaan het uit die dood, lewendig opgevaar het na die Hemel. Julle wat dit nie wil glo nie, kyk om julle heen en as daar n beter verduideliking is deel dit asb met ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.