Las Vegas-skietery: Terreurgroep beweer betrokkenheid

Eric Paddock (links) en sy broer, Stephen Paddock. Foto: Eric Paddock via AP

Die Islamitiese Staat beweer hulle is verantwoordelik vir die massa-skietvoorval Sondag by ʼn musiekfees in Las Vegas in die VSA, maar Amerikaanse owerhede meen die voorval hou nie verband met internasionale terreur nie.

The Telegraph berig die Islamitiese Staat van Irak en die Levant (ISIL) se amptelike Amaq-nuuskanaal het gesê die skieter, Stephen Paddock (64), het ʼn paar maande gelede die Islam-geloof aangeneem. ISIL beweer die aanval, wat die dodelikste skietvoorval in Amerika se geskiedenis is, is deur “ʼn soldaat van die kalifaat uitgevoer” en is gedoen “om koalisie-lande te teiken”.

In nog ʼn verklaring het ISIL na Paddock as Abu Abd al-Barr al-Amriki verwys en gesê hy het ʼn opdrag van sy leier, Abu Bakr al-Baghdadi, uitgevoer.

Eric Paddock praat Maandag (2 Oktober 2017) met verslaggewers buite sy huis in Orlando, Florida. Foto: AP Photo/John Raoux

Maroela Media het vroeër berig ʼn skieter het Sondagaand vanuit die 32ste vloer van ʼn hotel vir minstens twee minute lank op konsertgangers by ʼn musiekfees oorkant die straat losgebrand. Joe Lombardo, woordvoerder vir die polisie in Las Vegas, het bevestig minstens 59 mense is doodgeskiet en 527 gewond.

Polisiebeamptes het Paddock se liggaam in ʼn hotelkamer in die Mandalay Bay Resort and Casino aangetref waar hy vermoedelik selfmoord gepleeg het kort voordat die polisie op hom afgekom het. Daar is op 18 vuurwapens, ploftoestelle, ammunisie en elektroniese toestelle beslag gelê.

AP berig Paddock het in ʼn rustige Nevada-aftreegemeenskap gewoon en was ʼn welgestelde eiendomsbelegger wat gereeld in Las Vegas gedobbel het. Wetstoepassingsbeamptes en familielede is verstom dat ʼn man soos Paddock, met geen kriminele rekord nie, die dood van soveel mense kon veroorsaak. Paddock het glo die aanval in die fynste besonderhede beplan en het met minstens tien tasse by die hotel opgedaag.

Stephen Paddock se huis in Reno, Nevada wat Maandag deur die polisie deursoek is. Foto: AP Photo/Scott Sonner

“Ek kan nie eens iets opmaak [om dit te verduidelik] nie,” het Eric Paddock, Stephen se broer, Maandag aan verslaggewers gesê. “Daar is net niks. Eric het aan The Associated Press gesê hy het nie in die afgelope ses maande direk met sy broer gepraat nie en sy laaste kommunikasie met Stephen was ʼn teksboodskap kort ná Orkaan Irma.

Eric het gesê die broers se ma het twee weke gelede met Stephen gepraat en toe Stephen uitgevind het sy benodig ʼn loopraam, het hy vir haar een gestuur.

Eric het Stephen as ʼn multimiljoenêr beskryf en gesê hulle het gedeelde eiendom en sakebelange gehad. Hy het gesê hy is nie bewus daarvan dat sy broer enige dobbelskuld gehad het nie. “Hy het aansienlike rykdom gehad. Hy sou my vertel het wanneer hy gewen het. Hy sou kla as hy verloor het. Hy het nooit gesê hy het $4 miljoen of so iets verloor nie. Ek dink hy sou my gesê het,” het Eric gesê.

Polisiebeamptes op die toneel van die skietery by ʼn musiekfees in Las Vegas (2 Oktober 2017). Foto: AP Photo/John Locher

Polisiebeamptes het Maandag Stephen Paddock se huis in Mesquite, ongeveer 120 km noordoos van Las Vegas, deursoek vir leidrade rakende die motief van die skietery. Paddock het daar saam met sy 62-jarige vriendin in die huis gewoon, maar sy was nie in die land toe die skietery gebeur het nie. Paddock was al twee keer voorheen getroud, maar is in 1980 en weer in 1990 geskei.

Clint Van Zandt, ʼn voormalige gyselaaronderhandelaar vir die FBI en ʼn bestuurder van die buro se gedragswetenskap-eenheid, het gesê Paddock kom nie as die tipiese massamoordenaar voor nie. Hy is baie ouer as tipiese skieters en sover bekend is daar geen geestesversteurings by hom gediagnoseer nie.

Van Zandt het gesê dit blyk wel dat Paddock die aanval vir minstens ʼn paar dae lank beplan het.

Lees alle vorige berigte oor die Las Vegas-skietvoorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Darius Els ·

Deesdae weinig verskil tussen Polisie en die Bokke. ALBEI wil hul take op papier beplan en uitvoer en verloor waar die stryd werklik gevoer word.Daar is teveel sielkundiges,afrigters en statistieke mense ,en te min werklike UITVOERDERS wzt die taak moet verrig.

Cherokee ·

Ek is verbaas dat Isis nie ook gelieg het en gesê het die orkaan Irma is op hul bestelling nie.
Wanneer so iets gebeur soos die betrokke skietery in Las Vegas, sit Isis en wag en as nie een ander tereurgroep aandadigheid verklaar nie, spog hulle daarmee.

marous ·

Dis was duidelik vooraf beplan. Almal is nou verdwaas want daar blyk geen motief te wees nie.
Die FBI krap hulle koppe maar wil nie sluk aan ISIL nie want hy was dan wit. Waarom is dit so vergesog? Dit behoort vir hulle baie maklik te wees om dit te kan bevestig . Dit help ook nie almal klim op die vuurwapen liberalistiese ding nie. As terreur in iemand se gedagtes is gebruik hulle enige iets .Vra die Franse….

Peter van der Schyff ·

Ja, Marous, maar dit sou bars gegaan het om 59 mense met ‘n mes dood te maak, dink jy nie? Nevada se vuurwapenbeheerwetgewing is belaglik; kort en klaar. Vuurwapen-beheer het net mooi boggerol met liberalisme te make nie. Dis doodgewoon gesonde verstand.

Nee ·

Nee Hannes, daar word berig dat dit die ergste is in hedendaagse geskiedenis.

Rupert Ashford ·

Miskien ‘n Antifa aanhanger – soos daai Oom wat die Republikeinse senator geskiet het…

Alta Harries ·

As sy Vriendin, wat blykbaar by hom gewoonlik het, nie in die land was nie, wie is die Marilou wat in die vorige berig genoem is? Sy het blykbaar die kamer met hom gedeel?

spook ·

Ja tog Alta ons almal kon daai ewn uitmaak…. jy is bewus daarvan dat mens se fone die woorde verander en op n breuk my die werk gaan mens nie sls na nie

John ·

Die ou skieter het darem vreeslik baie geld. $100,000 oorgeplaas na ‘n rekening van waar sy Oosterse meisie kom. En sy pa was glo ‘n bankrower. Die VSA weet nie wat in die’ chaotiese land aangaan nie. ‘n Atoombom kan daar onder hul neuse gebou word… Was die ou nie ‘n doofmiddelsmokkelaar -gebruiker nie? En sy broer weet niks? Wie glo dit?

Michelle ·

Dit is tragies, soveel het hul lewe verloor, en so baie beseer. Die polisie weet met sulke groot byeenkomste moet daar baie voorbereiding met sekuriteit beplan word. Nou sit hulle met die nagevolge en soveel verlies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.