Laura tref VSA as ‘uiters gevaarlike’ orkaan

‘n Satellietbeeld van orkaan Laura. (NOAA via AP)

Orkaan Laura het Donderdag die suidweste van die Amerikaanse deelstaat Louisiana as ’n “uiters gevaarlike” kategorie 4-orkaan bereik.

Laura word nou met stormsterk wind van 240 km/h uur as die kragtigste orkaan om die VSA tot dusver hierdie jaar te tref bestempel en dreig om tot ʼn katogorie-5-orkaan te ontwikkel.

Die Nasionale Orkaansentrum in die VSA het gesê Laura het die kusgebied naby Cameron, ʼn gemeenskap van sowat 400 mense, 48 km oos van die grens van Texas, omstreeks 13:00 (Amerikaanse tyd) getref.

Weervoorspellers waarsku nou dat die stormsterk wind wat tans in Louisiana woed, geboue kan beskadig, bome kan ontwortel en voertuie soos speelgoed kan slinger.

Brandbestryders in Port Arthur, Texas, wag Woensdag vir orkaan Laura om te tref. (Foto: AP Photo/Eric Gay)

Meer as 100 000 huise en ondernemings in Texas en Louisiana is tans sonder elektrisiteit. Waarskuwings van tornado’s is intussen uitgereik hoewel geen onmiddellike skade al aangemeld is nie.

John Bel Edwards, goewerneur van Louisiana, het Woensdagaand in ʼn radio-onderhoud gepraat oor die “apokaliptiese” taal wat meteoroloë vandeesweek in aanloop van Laura se koms gebruik het.

“Ek het nog nooit vantevore die taal gehoor wat ek vandeesweek van die Nasionale Weerdiens gehoor het nie… Hulle het die sterkste moontlike boodskap oor hoe ernstig hierdie storm is,” het die goewerneur gesê.

Brandbestryders in Port Arthur, Texas, wag Woensdag vir orkaan Laura om te tref. (Foto: AP Photo/Eric Gay)

Edwards het spesifiek sy kommer uitgespreek oor die laagliggende Calcasieu-parogie in die suidweste van Louisiana waar wind van tot 290 km/h uur kan woed.

Minstens 150 mense in die parogie het ten spyte van dié voorspelling geweier om hul huise te ontruim en bloot versterkings aan hul huise aangebring.

ʼn Meteoroloog in die weste van Louisiana het Woensdag gesê daar is toenemende tekens dat orkaan Laura tot ʼn kategorie 5-orkaan kan ontwikkel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kokerboom

Mag HY die inwoners veilig hou. So bly ons word nie deur daai tipe natuurkragte geteister!!!

Chris dupreez

n Kategorie 5 orkaan is erg en kan verskriklike verwoesting saai, maar is niks in vergelyking met n anc regering.