Lauren Dickason, ʼn Suid-Afrikaner wat in Nieu-Seeland skuldig bevind is aan die moord op haar drie dogtertjies, het vandeesweek ʼn brief geskryf waarin sy almal bedank wat haar ondersteun het sedert Liané (6) en die tweejarige tweeling, Maya en Karla, se dood.
Die brief kom nadat ʼn groep ondersteuners ʼn pakkie vir haar gestuur het op die tweede herdenking van die kinders se dood, berig The Press.
Dickason sê in die kort brief dat sy dankbaar is vir haar ondersteuners se liefde en ondersteuning “in hierdie moeilike tyd”.
Dickason is in September skuldig bevind aan haar dogters se moord en sal op 19 Desember gevonnis word.
Sy het in haar brief onthul dat sy drie teddiebere het wat gemaak is van Liané, Maya en Karla se klere en dat sy dit snags koester terwyl sy dink aan “al die wonderlike drukkies wat my meisiekinders vir my gegee het”.
Sy het ʼn foto van die teddiebere by haar brief ingesluit, asook ʼn skildery van sonneblomme wat sy geverf het.
“Ek het hierdie skildery gedoen ter herdenking van die dogtertjies se afsterwe op 16 September,” skryf sy.
Stuff.co.nz berig dat sonneblomme ʼn simbool vir die groep geword het om hul ondersteuning aan Dickason te wys. Lede van die geslote Facebookgroep deel ook foto’s van hoe hulle sonneblomme plant ter ondersteuning van Dickason.
The Press het verlede maand verskeie ondersteuningsbriewe vir Dickason onthul, asook die groep se planne om ʼn vreedsame optog in Christchurch in November voor Dickason se vonnisoplegging te hou.
Meer as 1 300 ondersteuners het ʼn petisie onderteken waarin gevra word dat Dickason ʼn versagtende vonnis vir die moorde ontvang weens haar postpartum-depressie.
Die Facebook-groep “Support for Lauren Dickason” is in Julie 2022 begin en het ongeveer 1 500 lede, meestal vroue van Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Australië, Brittanje, die VSA, Namibië, die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), Kanada, Nederland, Viëtnam en Mauritius.
Dit sluit dokters, psigiaters, sielkundiges en lede van Dickason se familie in.
Okay
Weird…
Kinders sou baie beter drukkies kon gee as die 3 teddies by haar. Nee wat, spyt kom altyd te laat, en, dit was bewys dat sy ten volle bewus was van haar aksies ….. so moenie nou om versagting kompleet nie
Eerder dat sy ‘n brief skryf en haar berou toon.
Beertjies gemaak uit haar kinders (wat sy tot ‘n einde gebring het) se klere?
Ek weet darem nie…
Nee dit klink vir my ‘n bietjie af. Hoe doen jy dit nadat jy jou kinders koelbloedig vermoor het?
Ja, klink en ís heelwat af, Mariana. Dit gee my koue rillings.
Wat? Ondersteuners in die moeilike tyd? Watse moeilike tyd het jy as jy steeds lewend is maar jou weerlose kinders aan jou eie hande vermoor is? En nie EEN keer sê jy jammer nie. Nie een keer aanvaar sy verandeoordelikheid vir die MOORD op haar eie kinders nie!!!! Gewetenlose manipuleerder. Goddelose wreedaard wat haarself jammer kry.
Sy en haar ondersteuners is almal siek in die kop.
Gewetenlose simpatie soeker.
Ook maar lekker die klits kwyt geraak, ja aunty sit maar lekker vir jou moorde. Jou verdiende loon
Ek het self erge postpartum depressie ondervind en op ‘n later stadium sefs major depressie, maar nooit, ooit het die gedagte by my opgekom om my kinders leed aan te doen nie. Hulle was my anker in did donker tyd.
Ek het seker nie ‘n brief gekry want ek het jou GLAD NIE ondersteun. Gaan tronk toe vir altyd en altyd, en laat daai drie lieflike kinders nou rus!
Dis nie vir my om te oordeel nie maar ek wil noem dat ek verskeie mense ken wat aan erge stres en verwante geestes gesondheid probleme lei en nie een van hulle het al moord gepleeg nie
net God alleen kan oordeel. nie ons nie
So ek neem aan jy simpatiseer met en ondersteun die gewetenlose moordenaar? Syt haar eie kinders EEN vir EEN VERMOOR! Nêrens ‘n woord van jammer of verandwoordelikheid nie? Sy verdien om veroordeel te word.
ja mnr perfek. ek is trots op jou dat jy geen sonde het nie. baie geluk
Jy weet nie wat die woord oordeel beteken nie. Maar ek hoop God veroordeel haar tot die hel. Sy verdien niks mjnder nie
Dis nie oordeel nie, dit is die lig van n mening, altyd vinnig om die oordeel kaart te speel, nee ons oordeel nie, ons veroordeel die daad…wat met haar gebeur is haar verdiende loon!
is hierdie vrou ernstig
soek sy simpatie
het sy mense wat vir haar jammer voel
Die paddy wagon kan maar hierdie tannie kom oplaai.
Sy soek nou simpatie en ‘n ligter vonnis.
Ek weet nie wat gebeur het in haar kop nie maar al wat ek weet is dat 3 pragtige kinders wreed uit hierdie lewe geneem is. In hierdie wereld moet sy daarvoor boet. Vir haar ewigheid is dit tussen haar en God
sy kan maar net lang jare in n sel koester.
Sy het nie gedink aan die wonderlike drukkies toe sy hulle doodgemaak het nie. Ek sou haar beslis nie die teddies gegee het nie, sy verdien dit nie en ook nie die simpatie wat sy nou soek nie.
Vir my is ‘n sonneblom ‘n vrolike uitbundige blom wat vir my sê sy vier die kinders se dood. En die mal mense wat haar ondersteun behoort almal gemonitor te word want duidelik sien hulle niks verkeerd met wat sy gedoen hey nie.
Ek hoop Nieu Zeeland stuur haar terug Suid-Afrika toe. Sy sal ‘n lekker tyd hier beleef in ons tronkstelsel.
Die dat iemand vir haar koesterbeertjies gemaak het van die kindertjies wat sy KOELBLOEDIG VERMOOR het se klere is vir my so verkeerd op elke denkbare vlak! Sy verdien die straf wat sy gaan kry! Hoe arrogant van haar om nou te maak asof sy deur so ‘n moeilike tyd gaan! Wat van die verskriklik manier waarop sy die kindertjies vermoor het? Waar is die petisie namens hulle?
Stenig en oordeel my maar nou ook…
Ek weet so goed hoe haar kop gewerk het, ek was self ook in so posisie. Verskil is egter, die daad was nie gepleeg nie, hoekom nie , want in my geval het my geliefde my geestesgesondheid probleem geken, erken en gesorg dat ek die regte hulp ens kry. Ek is nie soos sy, oorgelaat aan myself nie. Haar man het net so baie skuld aan daardie tragedie.
Nee wat, lewenslank vir jou, antie…