Leerder ‘het gejok’ oor dade van onthoofde onnie

Samuel Paty, die vermoorde onderwyser. (Foto: Twitter)

Die skoolmeisie wie se pa glo verlede jaar ʼn aanlyn haatveldtog teen ʼn Franse onderwyser van stapel gestuur het nadat hy karikature van die profeet Mohammed gewys het, het nou erken sy was nie eens in die klas toe dié prente gewys is nie. Dié veldtog het uiteindelik tot die onderwyser se onthoofding gelei.

Samuel Paty is in Oktober verlede jaar in die openbaar in Parys onthoof nadat hy karikature van die Moslemprofeet in ʼn klas gewys het tydens ʼn gesprek oor vryheid van uitdrukking.

Die skoolmeisie het verlede jaar beweer Paty het Moslemleerders gevra om die klas te verlaat toe hy die tekenprente aan die klas gewys het. Die kind se pa het in die lig van dié bewering ʼn klag teen Paty ingedien en glo die bewerings aanlyn versprei.

Die skoolmeisie het egter nou erken dat sy oor die voorval gejok het.

“Sy het gejok omdat sy in ʼn spiraal vasgevang gevoel het nadat haar klasmaats haar gevra het om ʼn woordvoerder te wees,” het die skoolmeisie se prokureur Maandag gesê.

Die leerder word nou aangekla van laster terwyl haar pa en nóg ʼn man, ʼn Islamitiese prediker en kampvegter, daarvan beskuldig word dat hulle aandadig tot die moord was.

Maroela Media het vroeër berig Paty is deur ʼn 18-jarige Tsjetsjniër wat in Moskou gebore is, onthoof nadat die bewerings aanlyn versprei is. Sy moordenaar is kort ná die moord deur die polisie doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Misky ·

Liewe genade en wys net waar leuens mens bring en dat die waarheid wel sal uitkom. Dis vreeslik!!!

Jaco ·

Waarom gaan bly Moslems hoegenaamd in Frankryk? Hulle moet mos vooraf weet dat ‘n groot kulturele en godsdienstige skok op hulle wag. Goed wat kwaai sondes in hulle geloof is en wat in hulle lande met die dood gestraf word, is totaal aanvaarbaar in Frankryk: goed soos die eet van varkvleis, voor- en buitehuwelikse seks, gay huwelike. As ek ‘n Moslem was, sou ek regtig nie in Frankryk wou bly nie.

Inkpot ·

Hulle is net bloeddorstige ekstremiste.
Ek stem saam, hulle moet in hulle eie land bly.
Hulle sal nie toelaat dat enige drukgroepe hulle geloof in hulle eie land ondermyn nie.
Straf hulle met die dood, soos wat hulle dit in hulle eie land sou doen.

Johan ·

Want hul is welkom daar…en wil die EU inval, soos so baie ander eertydse Christian lande…word wakker Europa, en vinnig.

Anoniem ·

Johan is heeltemal reg. Ongelukkig is die meeste mense se oë en ore toe vir die waarheid, totdat dit te laat is.

Maggies ·

Dit wys net hoe ‘n leun mense se lewens kan ontwrig. Hoeveel kinders het al onderwysers se lewe verwoes deur hulle leuns, meestal omdat hulle swak punte of nie die “aandag” wat hulle wou hê gekry het nie.

Jakes ·

N mens het geen reg om ander gelowe te verkleineer of te oordeel nie. Maar dit daar gelaat, 2 mense is reeds dood nadat die meisie dit eintlik laat ontvlam het. Miskien moet sy en die prediker ook nou die hoogste prys betaal, dis mos regverdig of hoe?

Genis ·

Sy gaan met die leun en skuld gevoel vir die res van haar lewe leef.. Sy is eindelik ook skuldig aan die moord… Snaaks hoe die klomp in ander lande kan maak wat hul wil… Gaan probeer jy as Christen on enige ander geloof iets in hul land…

Inkpot ·

Nee wat, sy sal met geen skuldgevoel rondloop nie. In haar hart glo sy dat hy dit verdien.

Anel ·

Ek kan nie verstaan wat die feit dat hulle haar as klasleier wou kies, iets met die saak te doen het nie . Sy het geweet wat haar pa sou doen. Sy moet ook van moord aan gekla word.

Alet ·

Sy moet in die tronk gegooi word vir die res van haar lewe sodat sy lekker lank het om te dink wat sy veroorsaak het.

Inkpot ·

Ek hoop nie die meisie kom skotvry af nie. Stuur haar in elk geval terug na haar eie land sodat sy daar kan voel hoe dit is om onderdruk te word.

Lourens CFG ·

Alhoewel, vir die vrouens daar is dit “normaal” om onderdruk te word.

LANA is ELANè ·

Ekstreem is nie die woord nie, so baie onderwysers se lewens word radikaal geraak met kinders wat leuens versprei rondom diegene wat hul lewe gee om hulle te leer, maar hierdie is rerig net te afgryslik om in woorde my misnoë om te sit. Dit als in die naam van sg “geloof”

Sarel ·

Man is onskuldig on die openbaar tereg gestel en dit is al wat die mense kzn sê

Cherokee ·

Bietjie meer as 2000 jaar gelede het Johannes op die eiland Patmos, vertel van die antichris.

Realis Thailand ·

Dit is tipies die moslems van Europa wie meesal daar is na hulle eie lande hulle laat vlug het.
Europa is besig om n groot probleem te skep met die moslems wie hulle so in groot getalle toelaat
laat die mesne eerder hulle eie lande opbou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.