Leerder in sop ná TikTok-video oor juffrou

Argieffoto (AP Photo/Mark Schiefelbein, File)

’n Leerder en aktivis van Maleisië word vir kwaadwillige optrede deur die polisie in dié land ondersoek nadat sy in ʼn TikTok-video oor haar onderwyseres se “onvanpasde grap oor verkragting” gekla het.

Die onderwyseres het glo spottenderwys aan haar leerders gesê dat indien hulle iemand wil verkrag, hulle mense bo die ouderdom van 18 moet teiken.

Ain Husniza Saiful Nizam (17) se video, waarin sy haar skok oor dié grap uitspreek, is meer as 1, 9 miljoen keer gekyk en het ’n ondersoek na die onderwyseres se optrede tot gevolg gehad. Sy is ook uit die skool verwyder.

Die saak teen haar is egter laat vaar en die onderwyseres het Ain vir 1 miljoen ringgit (sowat R3,5 miljoen) gedagvaar.

“Dis baie hartseer,” het Ain Vrydag buite ’n polisiestasie in die hoofstad, Kuala Lumpur, gesê.

“Ek het geen lasterlike bedoelings nie en bedoel ook nie om enigeen af te breek nie. Ek wil net hê ons skole moet veilig wees.”

Burgerregtegroepe het intussen hul stemme dik gemaak en sê dat fisieke en verbale teistering ’n groot probleem in Maleisiese skole is.

Talle jong mense het ook sedert Ain se saak aan die lig gekom het stories van mishandeling aanlyn gedeel.

Indien Ain skuldig bevind word, kan sy tot twee jaar tronkstraf, ’n boete, of albei opgelê word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tiptol

Die wêreld is mal. Weereens kom ‘n skuldige persoon weg met lof.

Frank John

Daai juffrou is skuldig, jy kan nie so iets sê en dan omdraai en sê dis ‘n grap nie. Die ou sê woord sê dat waar daar ‘n rookie is is daar ‘n vuurtjie. Wat sy daar sê is dat verkragting is ok solank dit net nie van ‘n persoon onder 18 jaar oud is nie.
Nee wat, sy is skuldig.

Onnie

Hier in SA sou daardie kind n hero wees en die juffrou geskors en gekruisig.

JohanR

Jy grap nie oor verkragting nie. Ek het in my lewe al met twee meisies uit gegaan wat aangeval is maar darem nie verkrag is nie. Die trauma is maar altyd daar, en jy as ‘n kerel moet daar wees vir die persone wanneer die nagmerries kom!

Desere

My hare staan orent as ek die belaglike uitlatings hoor wat onnies deesdae in skole maak. In n baie bekende meisieskool is daar n sekere onderwyseres wat baie lief is om sulke onvanpaste uitlatings te maak, bv dat as n meisie verkrag word, sy moet kyk wat sy gedoen het om dit uit te lok. Verder ook meen sy dat mans die skuim van die aarde is, maar in die volgende asem dat dit n man se werk is om die geld huistoe te bring en n vrou se werk om kinders groot te maak.