Leerling skiet onderwyser met kruisboog dood

Argieffoto

Argieffoto

’n Leerling van ʼn hoërskool in Barcelona in Spanje is in hegtenis geneem nadat hy ’n onderwyser met ʼn kruisboog doodgeskiet het.

Na berig word, het ’n onderwyser die leerling aangespreek oor sy laatkommery. Die seun het hierna blykbaar in ’n onderonsie met die onderwyser en sy dogter betrokke geraak. ’n Onderwyser in ʼn klas langsaan het sy kollega te hulp gesnel en is toe met die kruisboog doodgeskiet.

Die leerling het daarna ’n klasmaat in die been gewond en blykbaar nog mense met ’n mes gewond. Die aantal gewondes is nog onbekend, maar na berig word is altesaam ses ambulanse by die skool opgemerk. Volgens die nuusdiens Belga is minstens vier mense gewond, maar nie een se toestand is ernstig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hannelie ·

Milan, daardie kind se kop raas baie erg! Hy moet iewers gebêre word totdat hy die verskil tussen reg en verkeerd ken!

Gina ·

Dis nog niks. Kom kyk hoe gaan dit hier by ons skole in Suid Afrika. Onderwysers het geen beheer oor kinders nie. Ek sien dit daagliks. Dit is asof hul al die trieke in die boeke try by die skole. By die huis is Hy n engeltjie. Wat soek kinders in skole as hul dan nie wil leer nie? Dis n naarheid.

Ella ·

Hierdie generasie ongedisiplineerde kindertjies gaan nog die 3de wereld oorlog begin. Maak soos hulle wil en dis global. Die goedjies is nie van glas gemaak nie, ‘n goeie pakslae op sy tyd het nog nooit kwaad gedoen nie. Ongelukkig leef ons in die eeu van die gehoorsame ouer??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.