Leeu in Indië ook Covid-19-slagoffer

(Foto net ter illustrasie: Unsplash)

ʼn Nege jaar oue leeu in ʼn dieretuin in Chennai, Indië, het aan Covid-19 beswyk.

Die Arignar Anna-dieretuin in Indië het bevestig dat een van sy leeus, ʼn negejarige wyfie genaamd Neela, Donderdag weens Covid-19 gevrek het. Volgens die dieretuin het die leeu geen simptome van die virus getoon nie. Daar was wel ʼn afskeiding in haar neus waarvoor sy behandeling ontvang het.

Die dieretuin sê vyf van sy leeus het teen die einde van verlede maand gewigsverlies getoon en af en toe gehoes. Verskillende monsters van altesame 11 leeus is vir toetse gestuur en nege van hulle het positief vir Covid-19 getoets.

Neela het kort daarna beswyk.

“Om te bepaal of dit moontlik ʼn vals positiewe toets was en of die diere dalk weens onderliggende siektetoestande dood is, is monsters ook Donderdag aan die Indiese Veerartseny-navorsingsinstituut, Bareilly, en die Sentrum vir Sellulêre en Molekulêre Biologie in Hyderabad gestuur.”

Die dieretuin sê beamptes volg voorsorgmaatreëls getrou om diere teen die virus te beskerm.

“Al die leeus wat positief getoets het, word fyn dopgehou en ontvang behandeling soos voorgeskryf deur die veeartsspan en kundiges van Tanuvas [Tamil Nadu Universiteit van Veeartsenykunde en Veekunde in Indië].

“Alle diereversorgers en helpers word teen Covid-19 ingeënt. ʼn Afsonderlike groep versorgers word ook vir elke groep leeus gebruik. Persoonlike beskermingstoerusting is verpligtend vir versorgers, veeartse en veldwerkers wat die gebied besoek,” lui die verklaring van die dieretuin.

Diere in verskeie ander wêrelddele het ook reeds positief vir Covid-19 getoets. Dit sluit in leeuwelpies in Pakistan, asook leeus in Spanje en twee ander Indiese stede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

adriaan isak ·

Het daai papaja wat ook positief getoets het al herstel?

Francois Le Cochon ·

Ja hy het, maar nie voordat hy ‘n tros piesangs aangesteek het, wat weer ‘n boord appetls aangesteek het. Die wynplaas langs die appelboort rapporteer ook dat al die druiwetrosse op die wynplaas ook nou covid het. Dinge lyk sleg vir die naburige groenteplase. Groenteboere maak nou die groente toe met seile, maar se^ dat niks die koolkoppe sal kan red nie.

Maggies ·

Dis nie iets om oor grappies te maak nie. Maroela ek sou verwag dat hierdie tipe kommentaar deur julle uitgeskakel word. Ek het my vader deur Covid verloor en vind dit uiters onvanpas.

Oom Hennie Pennie ·

Wat is volgende? Is my goudvissies in die vistenk ook in gevaar? Waar kan ek hulle laat inspuit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.