Leeu verskeur ouma

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou in haar 60’s is oor die naweek in Zimbabwe, ʼn paar kilometer buite Victoria Falls, dood nadat ʼn leeu haar verskeur het.

Die staatsbeheerde Sunday News het berig die vrou was Saterdag deel van ʼn groep inwoners wat bymekaargekom het om die karkas van ʼn koei op te pas nadat ʼn trop leeus dit aangeval het. Volgens die owerhede het die trop leeus die koei doodgemaak, waarna die inwoners saamgespan het om die leeus te verjaag om self die vleis in die hande te kry.

Een van die leeuwyfies het egter omgedraai en die groep aangeval. Die ouma is dadelik dood en die leeu het aan haar begin vreet.

Die voorval het omstreeks 02:00 plaasgevind.

Matthew Muleya, adjunkvoorsitter van die Hwange-distriksraad, het die voorval aan Sunday News bevestig. “Ons het bewaarders na die toneel gestuur waar die leeuwyfie nog steeds aan die vrou gevreet het,” het Muleya gesê. Hulle het die leeu van kant gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Yahleda Ihlathini ·

Maak hulle n pragdier dood oor mense se onnosel optrede

Leeu ·

Ja nee………verstaan nie……. mense wat inmeng met ons natuur.

Liewe heksie ·

Maar my magtag wat het hul verwag hahenas(spelling) val leeus aan om hul kos af te vat Wat het hul verwag blerrie aasvoëls nou is one nog n pragdier kwyt asgevolg van menslike stupitgeit

charlene ·

Die opskrif is nogal verkeerd, ek het eers ggedog “dis erg” Toe lees ek…. Die ongelooflik dom van die mense gewees, dis stupid om dit reg te stel. Jammer maar wat het hulle verwag gaan gebeur die leeus gaan maar net omdraai en weg loop. As jy dom is moet jy maar voel

Scott ·

Ja nee daar is nie pille vir dom geid nie, mar nou moet die dier daar onder lei.

Jan maak n Plan ·

Toe Cecil die leeumannetjie gejag is het die wereld hulle self bevuil. Nou is nog n onskuldige leeu wyfie gedood omdat mense onnosel is. Nou is die mensdom stil.

Chris ·

Hoekom moet die leeu doodgemaak word? Die klomp mense wou sy kos steel. Toe vat hy maar net die nagereg. Ek stem saam met Jan maak n plan. As hulle so tekere gegaan het oor Cecil kan hulle mos nie nou die leeu doodmaak nie. Dis mos dubbele standaarde.

Gesiggie ·

Deur selfsugtig te wil wees , het die arm Ouma nou haar lewe gekos?? Los die kos vir die natuur in die natuur?? hoe dom nou wil wees om n Leeu te probeer verjaag?? as hy honger is sal hy enige iets doen om kos te kry?? voel jammer dat die ouma wat nou haar lewe moes verloor deur mense wat nie helder kan dink???

Gesiggie ·

Selfsugtigheid…. het jul nou n lewe gekos”” los die kos in die natuur vir die natuur”” hoe dom van hul gewees om te dink dat hul die Leeu sal kan verjaag? . Arm moedde doen snaakse dinge aan n mens.. voel jammer vir die Ouma wat se lewe nou verby is … omdat mense nie mooi dink, voor hul iets doen.” Nou moes die Leeu boet vir ander se dade”’

Verbaas ·

Ek verstom my in mense se sotlike opmerkings. Hoe sal jy nie jou goed beskerm nie en as jy niks het behalwe ‘n paar beeste nie, sal jy nie ook die leeus verjaag as hulle jou beeste vang nie? Met amper geen middele tot hulle beskikking nie het hulle nogtans probeer en reggekry totdat die een omdraai. Hulle was nie stupid nie, hulle veg vir oorlewing. Nou enige iemand wat ‘n dier se lewe bo die van ‘n mens stel steek tong uit vir sy Skepper wat hom die lewende siel gegee het. Julle sal eerder die mens sien doodgaan as die dier. As daai leeu een keer mens gevreet het, gaan sy dit weer doen, en hoeveel mense verkies jy om deur hierdie pragtige dier doodgemaak te word? Of is die sensitiwiteits meter bietjie afgedraai oor jy weet dis ‘n swart vrou wat doodgebyt is?

Gerhard ·

Ai mense, ek lees nou geruime tyd kommentaar wat gelewer word op hierdie forum wat deur skrywers(kenners) gelewer word. Ek moet sê dat ek somtyds skaam kry as Afrikaner om te sien die negatiwiteit en diskriminasie wat hier weergegee word. Om nie eens van die spelling van party mense te praat nie. Om so negatief en rasbehep te wees gaan niemand nêrens bring nie. Mense verder Noord in Afrika het dit nou eenmaal nie so luuks soos ek en jy nie en vir hulle is hul vee hul enigste bron van lewe in die vêraf gebiede. Waardeer eerder wat jy het en sê dankie daarvoor en tel jou sëeninge, dit kan enige oomblik weggevat word.

Leeutjie ·

Gerhard, Kobus en Verbaas: Dis regtig verblydend om te sien dat julle ook omgee ongeag die vrou se ras! Julle het dit baie goed gestel! Dit was ‘n mens wat grusaam gesterf het en vir die wat dit moes aanskou!! Dis verskriklik!

Kobus ·

Ek lees almal se kommentaar oor hoe stupid en dom die mense was om die leeus te verjaag. Wie van julle was in daai mense se skoene? Dis een van hulle beeste wat gevang is, ‘n groot verlies vir hulle en baie monde wat gevoed kon word metdie karkas. Was jy al so desperaat/honger dat jy bereid is om ‘n karkas wat alreeds deur wilde diere gevreet is te vat sodat faar kos op die tafel kan wees? Ek sou ook die leeu geskiet het, want as hy eers eenkeer mens geproe het, soek hy dit weer.

Griet ·

Nou wil ek weet – hoekom het die mense besluit om ‘n beeskarkas op te pas? Vir wat?

Justa ·

Nou moes n leeu weer boet vir die mens se domheid. Die beeste is seker in die leeus se gebied ingevat om te wei.

HEVW ·

Ja ook verbaas. Maroela ons beleef n tyd van erge spanning as gevolg van naakte rassisme. Van hierdie kommentare weerspieel dit duidelik. Ek het nogal begrip daarvoor omrede die witmense so erg getyken word, maar ons moet dit eerder probeer ontlont. Maroela van hierdie kommentare moes nie geplaas gewees het nie.

Elle ·

Mense onserskat n Leeu se spoed, dis ongelooflik, ek dink dis wat met hierdie vrou gebeur het en glo my dis nie die eerste keer wat hierdie vrou dit moes doen nie! Ek dink hierdie leeus is al bietjie mense gewoond en het half al hulle vrees verloor en boonop baie honger gewees! As jy vat net 20% van leeu welpies maak dit in die natuur, die ander gaan meestal dood van die honger! n Mak leeu se vleis sal jy nie van hom af weg vat nie, maar ‘n wilde leeu staan jy n goeie kans om dit reg te kry! Ek voel jammer vir hulle altwee!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.