Leeumannetjie vrek van Covid-19

Argieffoto: popista.com

’n Twaalf jaar oue leeumannetjie het Woensdagoggend in die Arignar Anna-dieretuin in Chennai, Indië, weens Covid-19 gevrek. Dit is die tweede leeu wat binne die bestek van twee weke in dié dieretuin aan Covid-19 dood is.

India Today berig die leeu, genaamd Pathbanathan, het reeds op 3 Junie positief vir Covid-19 getoets en is sedertdien op intensiewe behandeling geplaas.

Die dieretuin het op 3 Junie ook ’n negejarige wyfie genaamd Neela weens Covid-19 verloor. Dié leeu het geen duidelike simptome van die virus getoon nie, maar daar was wel ’n afskeiding in haar neus waarvoor sy behandeling ontvang het.

Maroela Media het vroeër berig vyf van die dieretuin se leeus het teen die einde van verlede maand gewigverlies getoon en af en toe gehoes. Verskillende monsters van altesaam 11 leeus is vir toetse gestuur en nege van hulle het positief vir Covid-19 getoets.

Volgens ’n berig in OneIndia het die dieretuin se bestuur Maandag gesê dat drie van die leeus wat positief getoets het, baie traag op behandeling gereageer het.

Pathbanathan was een van dié leeus en is kort daarna dood.

Times of India berig die dieretuin het die publiek verseker dat sy beamptes die nodige voorsorgmaatreëls getrou volg om die diere teen die virus te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

john ·

cele sal seker nou ook die leeuws in die Kruger park ook wil aresteer want hulle dra nie maskers nie.

Anel ·

Was dit nie dalk parvo nie? Dit veroorsaak afskeiding in die neus. Wonder maar net.

piet ·

Wat wonder jy, daar staan mos hulle het positief vir Covid getoets en simptome getoon. Dis mos nou so duidelik soos daglig.

Elinette ·

Liewe land en hier dink ek diere kan nie COVid-19 kry nie. Lyk my China is deesdae die oorsaak van baie ellende in die wêreld ….

Oom Kaspaas ·

Wonder van wie sou hulle “Close Contacts”gewees het ?

Henri ·

Die arme leeus. Eers het hulle TB gekry en as ek reg onthou het kenners op 50/50 destyds gesê die Krugerwildtuin se leeus sou uitsterf teen 2010. Toe kry hulle ook vigs. En nou ook covid. Shame.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.